Kons. Thabo Lekete het gesê die mans is Woensdag gedurende ‘n betoging wat gewelddadig begin raak het, in hegtenis geneem.
Die betogers het die R29 en die R50 met brandende bande versper in ‘n poging om reaksie uit die Govan Mbeki-munisipaliteit te kry nadat daar ‘n memorandum op 10 Maart aan hulle oorhandig is.
“Hulle het alle deeurgang versper en het gesê niemand sal toegelaat word om te gaan werk nie,” het hy gesê.
Twee winkels is afgebrand en twee vragmotors is op die R50 beskadig toe die betogers motoriste met klippe bestook het.
“Die situasie is vandag weer onder beheer. Mense is toegelaat om na hul werk terug te keer.”
Talle polisiebeamptes is na die gebied ontbied om die situasie onder beheer te hou.
Meer as 30 mense is weens openbare geweld tydens betogings in hegtenis geneem sedert oproer op 19 Maart begin het, het Lekete gesê.
