Staatsaanklaers in Pole sê hulle kyk na vier moontlike oorsake van ‘n vliegramp wat vroeër vandeesmaand die lewens van pres. Lech Kaczynski en 95 ander mense geëis het.
Staatsaanklaers het Donderdag in ‘n verklaring gesê hulle ondersoek die moontlikhede dat die Tupolev 154 weens ‘n tegniese fout, ‘n fout deur die bemanningslede, grondpersoneel of weens aksies van derde partye in Smolensk, Rusland neergestort het.
Tot dusver is 70 getuies ondervra en die vliegtuig se vlugdata-opnemers word ondersoek. Daar is geen tekens van tegniese probleme of ‘n ontploffing sigbaar nie.
