Brown sink Arbeiders se kanse

Die Britse premier, Gordon Brown, se onsimpatieke houding teenoor gewone mense het op ‘n opspraakwekkende wyse aan die lig gekom.

Brown het nie besef dat ‘n mikrofoontjie van Sky News wat op sy lapel vasgesteek was, nog steeds aan was ná ‘n ontmoeting met ‘n gewone burger nie.

Sy blaps kan beteken dat die Arbeidersparty die verkiesing verloor.

Brown is deur Gillian Duffy van Rochdale, ‘n armoedige deel, ‘n vraag gevra tydens sy toer van dié woonbuurt.

Duffy was onderweg om ’n brood te gaan koop, toe sy Brown uitgevra het oor die probleem wat Oos-Europese immigrante in Brittanje veroorsaak.

Brown het ontwykend geantwoord, en haar daarna vir ‘n “baie aangename” ontmoeting bedank. Met die mikrofoontjie steeds aan, het hy agterna in sy motor geklim en knorrig uitgevaar teen die “bekrompe” vrou.

Die gespek was ’n ramp, het hy gesê, en wou weet wie die vrou na hom gebring het.

Sy negatiewe kommentaar oor die benepe landsburger in die motor, is later op TV en radio uitgesaai.

’n Ontstelde Brown sy kop op sy hande laat sak toe hy tydens ‘n uitsending daarmee gekonfronteer word. Hy het daarna aanhoudend om verskoning gevra.

Duffy het egter intussen laat weet dat sy nie vir Brown sal stem nie.

детская посуда киевлобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae