Desir?e van der Walt Senior onderwysbeamptes het na bewering ten minste twee onderwysers aangesê om matriekuitslae te verhoog, het die DA Dinsdag gesê. Die party is genader deur twee mense wat beweer het dat sommige matriekpunte opsetlik verhoog is, het woordvoerder Desirée van der Walt in 'n verklaring gesê. Hulle beweer dat die verhogings uitgevoer
Lees verder: Onderwysers moontlik aanges? om matriekuitslae te ‘verbeter’, s? DA

Leon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.
Israel het Dinsdag vir die vierde dag voortgegaan met sy grondoffensief in die Gaza strook, ten spyte van nuwe internasionale oproepe vir 'n skietstilstand in 'n konflik waarin meer as 540 Palestyne reeds dood is.
Ten minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.
Een van die Kongo se hoof rebelle militêre leiers het laat Maandag ontken dat Laurent Nkunda, die hoof van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) deur 'n ontevrede groep uit sy posisie verwyder is.