Zim gaan lol by EU-Suid-Afrika-spitsberaad

Die eerste spitsberaad tussen Suid-Afrika en die Europese Unie gaan môre in Bordeaux, Frankryk, begin.

Die EU is die grootste belegger in Afrika se sterkste ekonomie.

Die Franse president Nicolas Sarkozy en die Europese Kommissie-hoof Jose Manuel Barrose sal aan die spitsberaad deelneem.

Die EU sê dat Suid-Afrika groei in Afrika dryf en dit 'n suksesverhaal is wat Afropessisme weerlê.

Die twee kante neem desnieteenstaande reëlreg teenoorgestelde standpunte oor die Zimbabwekwessie in.

Die EU het sy sanksies teen Zimbabwe verskerp ondanks samesprekinge tussen die partye vandeesweek.

Hulle teiken nou nie net Mugabe en sy binnekring nie, maar ook sakeondernemings en diegene wat hulle bestuur.джип на радиоуправленииалександр лобановский харьков

Zuma kry warm ontvangs in Tembisa

Die ANC-president Jacob Zuma het gister komberse vir die armes in Tembisa uitgedeel.

Net toe hy verskyn, het die skare sy Mshini Wami-liedjie, oftewel bring my my masjiengeweer, begin sing.

Die Rabosotho-saal en 'n groot markiestent wat buite opgerig is kon nie die groot aantal mense huisves wat Zuma kom sien het nie. 'n Groot aantal bewonderaars moes uit die gronde uitgehou word vanweë 'n gebrek aan ruimte.

Zuma het, tesame met die Gift of the Givers en Jakaranda FM, 3000 komberse aan die gemeenskap geskenk.

хамам под ключданильченко юрій броніславович

Vavi waarsku kabinet

ImageCosatu se sekretaris-generaal het 'n waarskuwing aan kabinetsministers gerig dat die armes nie langer vir hul foute gaan betaal nie.

Vavi het verwys na die lot van Ibrahim Rasool en Nosimo Balindlela wat hul posisies verloor het.

Hy het by die Cosatu-betoging gister in Johannesburg gepraat waaraan duisende werkers deelgeneem het.

Cosatu's secretary general has issued a warning to Cabinet ministers that the poor will no longer pay for their mistakes.

'n Geskatte 25 000 mense het deur die middestad gemarsjeer.

Hy het die kabinet aangesê om die ANC se beleidsrigtings wat by die Pietersburgkongres aangeneem is te volg.

Indien hulle weier, sal hulle dieselfde behandeling as die Ooskaapse en Weskaapse premiers ontvang.

компрессор для пескоструяпрокурор Фильчаков

Durban donker na elektrisiteitspaal omval

Volgens die Johannesburgse dagblad Beeld, is die elektrisiteitsvoorsiening in die suide van Durban erg geraak deur die omval van 'n elekrisiteitspaal.

Die paal wat 'n verbinding tussen die substasies van Lotuspark en Isipingo verskaf, het omgeval toe die boute wat dit anker gesteel is, volgens Tony Dold van die eThekwini-munisipaliteit.

Dit beteken dat Prospection, Isipingo en omliggende gebiede vir dae sonder krag gaan wees, indien nie vir 'n hele week nie.

карданный светильникданильченко юрій Харків

Suid-Afrika het vakmanne nodig

Suid-Afrika sal sy ouerwordende werksmag moet vervang, sê 'n menslikehulpbronnemaatskappy.

Die huidige vakmanbevolking het 'n gemiddelde ouderdom van 50 tot 55 jaar.

Landelahni Business Leaders her die 2008-mynbou-ondersoek vrygestel wat aantoon dat ten minste 12 500 vakmanne per jaar oor die volgende vier jaar opgelei sal moet word om in die vraag te voldoen.

Die ondersoek het egter tot die gevolgtrekking gekom dat swartes in topbestuursposte meer as verdubbel het vanaf 12,5% in 2001 tot 30,6% in 2006, wat meer as die nywerheidsgemiddeld van 22,2% is.

Op nie-uitvoerende direkteursvlak het swart verteenwoordiging gestyg vanaf 0,05% tot 37%.

Die maatskappy sê dat vakkundige opleiding heelwat groter beleggings deur sowel die regering as die privaatsektor vereis.

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценалобановский супермаркет класс

Zille val weereens vir Zuma aan

ImageDie land se grondwet word erg bedreig, meen die DA-leier Helen Zille.

Zille het gisteraand by Wits se skool vir regte gepraat.

Sy sê 'n ambisieuse en invloedryke groep binne die regerende party is besig om voor te berei om die mag op elke moontlike manier oor te neem en is daardeur besig om die gees en letter van die grondwet te ondermyn.

Sy meen die ANC-president Jacob Zuma stel partybelange voor grondwetlike verpligtinge.

Sy het gesê dat Zuma se bondgenote in aanloop tot sy korrupsieverhoor 'n smeerveldtog teen die regstelsel voer.

how to play casino gameпрокурор харьковской области

Zim-samesprekings sukkel

Terwyl gelukwensinge heen en weer vlieg van die VN en Suid-Afrika betreffende die ooreenkoms tussen Mugabe en sy opposisie, sukkel die samesprekings om aan die gang te kom.

Die hoofonderhandelaars vir die heersende Zanu-PF-party, justisieminister Patrick Chinamasa en arbeidsminister Nicholas Goche het nog nie 'n vlug uit Harare geneem om hul eweknieë van die MDC-opposisie te ontmoet nie.

Onderhandelaars van die groter faksie van die MDC, soos voorsitter Lovemore Moyo en sekretaris-generaal Tendai Biti het ook nog nie vertrek nie.

Die samesprekinge is veronderstel om in Pretoria plaas te vind. Slegs die kleiner faksie van die MDC het reeds 'n verteenwoordiger in Suid-Afrika.

ремонт компрессоровлобановский александр дети

Aardverwarming bedreig Krugerwildtuin

'n Gemiddelde styging van 2.5°C in wêreldtemperatuur kan veroorsaak dat byna twee-derdes van die spesies in die Nasionale Krugerwildtuin verdwyn het minister van Omgewingsake, Marthinus van Schalkwyk, Maandag gewaarsku.

Hy het by 'n klimaatsveranderingkonferensie in Kaapstad gesê aardverwarming kan ontsettende skade aan die juweel van 'n wildtuin aanrig.

Hy het gesê Suid-Afrika kan nie aanhou met sake soos gewoonlik sonder koolstofbeperkinge nie.

Ander kwessies wat aandag vra is die groeiende watertekorte in Afrika wat tot verhoogde konflik kan lei, sowel as die bedreiging van die fynbosbioom.

барби лялькиДанильченко Юрий Брониславович

Suid-Afrika wens Zimbabwe geluk

Die Suid-Afrikaanse regering het die leierskap van Zanu-PF en die twee MDC-partye gelukgewens omdat hulle 'n ooreenkoms onderteken het.

Die skuif sal samesprekings om die Zimbabwiese krisis op te los, vergemaklik.

Die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake, Ronnie Mamoepa, het gesê dat die memorandum 'n stewige grondslag lê vir die Zimbabwiese nasie om 'n nuwe weg na politieke stabiliteit en ekonomiese herstel in te slaan.

Hy het gesê president Mbeki het onverpoosd agter die skerms gewerk om dialoog te bevorder.

Volgens Mamoepa was dit 'n groot stap in die soektog na 'n blywende politieke en ekonomiese oplossing.

хирургическое лечение заболеваний пародонтаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Terug skooltoe?

Die ANC en sy alliansievennote gaan 'n voltydse politieke skool in Gauteng oprig.

Die ANC, SAKP en Cosatu beoog om daarmee hul lede te ontwikkel en op te lei.

Die aankondiging volg op 'n beraad wat oor die naweek gehou is.

Die instelling sal teen Januarie 2009 begin funksioneer.

Die ANC se provinsiale sekretaris David Makhura sê daar is 'n behoefte om 'n omvattende strategie te ontwikkel ten einde transformasie voort te sit.

Hulle gaan ook op 'n identiteitsdokumentregistrasieveldtog van stapel stuur, maar is nie bekommerd dat hulle die verkiesing gaan verloor nie.

free slotsФильчаков

Buitelanders weier om as vlugtelinge te registreer

Gister was die sperdatum vir buitelandse burgers wat hulself by die departement van binnelandse sake as vlugtelinge wil registreer.

Terwyl omtrent 700 buitelanders by die Glenanda-kamp in Johannesburg so gemaak het, het die meerderheid geweier.

Die Gauteng-regering sê die departement moet nou besluit wat met diegene wat weier om te registreer gaan gebeur.

'n Woordvoerder vir Gauteng het egter gewaarsku dat mense wat weier uit hul huisvesting gesit sal word.

Verlede week het die VN se Hoë Kommissie vir Vlugtelinge berig dat 17 000 Zimbabwiërs reeds uit Suid-Afrika gedeporteer is. Die liggaam het 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om die deportasies te staak.

free bet no deposit roulettetopcargo отзывы сотрудников

Zambiese minister vra sy burgers om Suid-Afrika te verlaat

Die Zambiese minister van inligting Mike Mulongoti het gister die Zambiese slagoffers van onlangse etniese aanvalle in Suid-Afrika gemaan om terug te keer huistoe en 'n nuwe lewe te begin.

Volgens hom bestaan daar baie geleenthede in Zambië vir slagoffers. Die regering sal alles in sy vermoë doen om die slagoffers te help om hulle te vestig.

Meer as 120 Zambiërs het van Suid-Afrika af teruggekeer en ysingwekkende verhale vertel van die geweld wat teen buitelanders gerig is.

Mulongoti het ontken dat die geweld deur die staat gepleeg is of dat dit Suid-Afrikaanse regeringsbeleid is maar meen dit is deur misdadige elemente gepleeg.

обувь для яхтингаФильчаков Александр Васильевич

Pick ‘n Pay in Vosloorus aangeval

Agtien gewapende mans is gister in 'n Pick 'n Pay-supermark in Vosloorus vasgetrek, volgens die Oosrandse polisie.

'n Polisiewoordvoerder het gesê dat 25 mans die winkel laat gistermiddag binnegekom het en werkers sowel as kliënte gyselaar gehou het.

Vyf mans was met gewere gewapen en die res het 9mm-pistole gedra.

Een van die kliënte het daarin geslaag om die polisie te bel en 18 van die 25 mans is gearresteer.

Geen skote is geskiet nie en geen beserings is aangegee nie.

best slots toФільчаков Олександр Васильович прокурор

Rasseherrie breek oor teater uit

Die jongste rassedispuut wentel nou om die teater.

Matjamela Motlloung, wat die Markteater se opleidings- en ontwikkelingslaboratorium oorgeneem het, sê parasitiese, middeljarige blanke regisseurs, skrywers en choreograwe oorskadu meer talentvolle swart kunstenaars.

Hy meen blanke bestuurders bied weerstand om swart kunstenaars geleenthede te bied. Hy het gemeenskapsteater ontwikkelingsgemors genoem wat bedoel is om swartes as 'n ras terug te hou.

Motloung se blanke kollegas het gereageer deur te sê die kunste word as 'n kwalik verdoeselde voertuig vir 'n Afrikanistiese politieke agenda gebruik.

Een van die blanke skrywers het gesê dat hy nie simpatiek staan teenoor diegene wat dink dat dit benede hul waardigheid is om hul vak te leer en te ontwikkel nie.

Hy het bygevoeg dat die aanleer van 'n vaardigheid nie een of ander imperialistiese komplot is nie.

провод для диагностикиДанильченко Харьков