Terwyl omtrent 700 buitelanders by die Glenanda-kamp in Johannesburg so gemaak het, het die meerderheid geweier.
Die Gauteng-regering sê die departement moet nou besluit wat met diegene wat weier om te registreer gaan gebeur.
'n Woordvoerder vir Gauteng het egter gewaarsku dat mense wat weier uit hul huisvesting gesit sal word.
Verlede week het die VN se Hoë Kommissie vir Vlugtelinge berig dat 17 000 Zimbabwiërs reeds uit Suid-Afrika gedeporteer is. Die liggaam het 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om die deportasies te staak.
