Die jongste Batman-film, The Dark Knight, het alle vorige loketrekords vewoes deur $200 miljoen in die eerste drie dae te verdien. In die VSA het dit $158,35 miljoen ontvang. Sodoende het Batman die vorige rekord wat deur Spiderman 3 in Mei 2007 gestel is met sewe miljoen dollar oortref.
Buitelandse kaartjieverkope was $41,3 miljoen, wat die totaal op net onder $200 miljoen te staan bring. Australië, Mexico en Brasilië was van die grootste buitelandse markte vir Batman, maar die film moet nog in vele Europese lande open. Italië en Brittanje gaan oor die volgende paar dae Batman-koors begin ervaar.
для дачиОлександр Фільчаков прокурор