Zambiese minister vra sy burgers om Suid-Afrika te verlaat

Die Zambiese minister van inligting Mike Mulongoti het gister die Zambiese slagoffers van onlangse etniese aanvalle in Suid-Afrika gemaan om terug te keer huistoe en 'n nuwe lewe te begin.

Volgens hom bestaan daar baie geleenthede in Zambië vir slagoffers. Die regering sal alles in sy vermoë doen om die slagoffers te help om hulle te vestig.

Meer as 120 Zambiërs het van Suid-Afrika af teruggekeer en ysingwekkende verhale vertel van die geweld wat teen buitelanders gerig is.

Mulongoti het ontken dat die geweld deur die staat gepleeg is of dat dit Suid-Afrikaanse regeringsbeleid is maar meen dit is deur misdadige elemente gepleeg.

обувь для яхтингаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae