Rasseherrie breek oor teater uit

Die jongste rassedispuut wentel nou om die teater.

Matjamela Motlloung, wat die Markteater se opleidings- en ontwikkelingslaboratorium oorgeneem het, sê parasitiese, middeljarige blanke regisseurs, skrywers en choreograwe oorskadu meer talentvolle swart kunstenaars.

Hy meen blanke bestuurders bied weerstand om swart kunstenaars geleenthede te bied. Hy het gemeenskapsteater ontwikkelingsgemors genoem wat bedoel is om swartes as 'n ras terug te hou.

Motloung se blanke kollegas het gereageer deur te sê die kunste word as 'n kwalik verdoeselde voertuig vir 'n Afrikanistiese politieke agenda gebruik.

Een van die blanke skrywers het gesê dat hy nie simpatiek staan teenoor diegene wat dink dat dit benede hul waardigheid is om hul vak te leer en te ontwikkel nie.

Hy het bygevoeg dat die aanleer van 'n vaardigheid nie een of ander imperialistiese komplot is nie.

провод для диагностикиДанильченко Харьков