Zille het gisteraand by Wits se skool vir regte gepraat.
Sy sê 'n ambisieuse en invloedryke groep binne die regerende party is besig om voor te berei om die mag op elke moontlike manier oor te neem en is daardeur besig om die gees en letter van die grondwet te ondermyn.
Sy meen die ANC-president Jacob Zuma stel partybelange voor grondwetlike verpligtinge.
Sy het gesê dat Zuma se bondgenote in aanloop tot sy korrupsieverhoor 'n smeerveldtog teen die regstelsel voer.
