'n Woordvoerder van die WV Peter Smerdon sê dat indien hulle nie dringend sulke hulp ontvang nie, daar 'n ramp in die streek gaan plaasvind.
'n Miljoen Somaliërs gaan geen graan in Augustus hê nie tensy skepe na hul land gestuur word. As gevolg van seerowery en die algemene wetteloosheid in Somalië, weier handselskepe egter om daarheen te gaan.
Smerdon het daarom 'n beroep op Westerse lande gedoen om oorlogskepe te stuur om die vaartuie met noodvoorrade te vergesel sodat dit afgelewer kan word.

Die horing van Afrika, wat bekend is vir sy droogtes, oorloë en gereelde hongersnode, staan nou voor nog 'n groot krisis. Volgens die Wêreldvoedselprogram word 15 miljoen mense deur 'n nabye ramp bedreig indien Westerse skenkers nie dadelik fondse verskaf nie.