Amerikaanse generaal waarsku Rusland

Generaal Norton Schwartz, die volgende Amerikaanse lugmagstafhoof, het gewaarsku dat die VSA nie Russiese bomwerpers met 'n kernvermoë in Kuba sal aanvaar nie.

Hy sê dit sou beteken om 'n rooi lyn te oortree.

Die Russiese koerant Izvestia, het berig dat die Russiese lugmag gereeld langafstandbomwerpers na Kuba wil laat vlieg.

Dit was in reaksie op Amerikaanse planne om missielafweerstelsels in Oos-Europa te installeer.

Oor die afgelope jaar het Rusland langafstand- strategiese bomwerperpatrollies in die Stille en Noord-Atlantiese oseane geheraktiveer.

Soortgelyke omstandighede het gedurende die 1962-Kubaanse missielkrisis geheers.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae