Die hoofonderhandelaars vir die heersende Zanu-PF-party, justisieminister Patrick Chinamasa en arbeidsminister Nicholas Goche het nog nie 'n vlug uit Harare geneem om hul eweknieë van die MDC-opposisie te ontmoet nie.
Onderhandelaars van die groter faksie van die MDC, soos voorsitter Lovemore Moyo en sekretaris-generaal Tendai Biti het ook nog nie vertrek nie.
Die samesprekinge is veronderstel om in Pretoria plaas te vind. Slegs die kleiner faksie van die MDC het reeds 'n verteenwoordiger in Suid-Afrika.
