Suid-Afrika het vakmanne nodig

Suid-Afrika sal sy ouerwordende werksmag moet vervang, sê 'n menslikehulpbronnemaatskappy.

Die huidige vakmanbevolking het 'n gemiddelde ouderdom van 50 tot 55 jaar.

Landelahni Business Leaders her die 2008-mynbou-ondersoek vrygestel wat aantoon dat ten minste 12 500 vakmanne per jaar oor die volgende vier jaar opgelei sal moet word om in die vraag te voldoen.

Die ondersoek het egter tot die gevolgtrekking gekom dat swartes in topbestuursposte meer as verdubbel het vanaf 12,5% in 2001 tot 30,6% in 2006, wat meer as die nywerheidsgemiddeld van 22,2% is.

Op nie-uitvoerende direkteursvlak het swart verteenwoordiging gestyg vanaf 0,05% tot 37%.

Die maatskappy sê dat vakkundige opleiding heelwat groter beleggings deur sowel die regering as die privaatsektor vereis.

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценалобановский супермаркет класс