Mededinging vir die volgende miljard internetgebruikers

Na verwagting gaan nog 'n miljard mense wêreldwyd binnekort aanlyn wees en Amerikaanse maatskappye is in 'n intense stryd gewikkel om die reklame-inkomste wat hulle waarskynlik gaan opwek.

Maatskappye poog om by plaaslike kulture aan te pas eerder as om bloot hul Amerikaanse webwerwe vir globale gebruikers te vertaal. AOL, byvoorbeeld, gebruik Bollywood-akteurs op sy tuisblad vir Indië. MySpace aanvaar selfoonintekenare in Japan.

Google het 'n stelsel ontwikkel om Arabiese gebruikers se soekterme in Engels te vertaal.

Soms gaan dit egter nie so maklik nie. Ebay het misluk om markaandeel in Japan te bekom omdat die maatskappy op kredietkaarte aangedring het. Japannese verkies kontant en het daarom hul rug op Ebay gedraai.

циклёвка паркета своими рукамиАлександр Фильчаков Васильевич

Polisieman weier behandeling deur blanke dokter

'n Polisie-inspekteur wat na bewering onder die invloed van alkohol met 'n halfkaal vrou in sy motor bestuur het, het behandeling deur 'n blanke dokter geweier toe hy 'n ongeluk maak.

Die ongeluk het omtrent 30 km buite Kimberley op die N12 gebeur. Volgens Dan Morena, die hoof van die Onafhanklikeklagtedirektoraat in die Noordkaap, is 'n klag van dronk, roekelose en nalatige bestuur teen die inspekteur gelê.

Die polisie-inspekteur is na 'n Medi-Clinic geneem waar hy op die personeel gevloek het, 'n bloedtoets geweier het en ook die hospitaalpersoneel daarvan beskuldig het dat hulle rassisties is. Hy het verseg om behandeling van die suster by die noodeenheid te ontvang en gesê hy wil nie deur 'n wit dokter behandel word nie.

Blykbaar het die inspekteur ook nie toestemming gehad om met die voertuig te ry waarin hy 'n eers 'n vrou sonder broek opgelaai en agterna 'n ongeluk mee gemaak het nie.

виза в хорватию для белорусовФільчаков Олександр Васильович

Suid-Afrika, Libi? beskerm volksmoordenaar

Suid-Afrika en Libië is aan die voorpunt van 'n veldtog om te verhoed dat die Soedanese leier aangekla word van volksmoord.

Die internasionale strafhof se hoofaanklaer, Luis Moreno-Ocampo, wil hê dat Omar Hassan al Bashir tereg sal staan op klagte wat spruit uit die moord op 35 000 mense in Darfoer.

Hy beskuldig Bashir ook daarvan dat hy 'n honderdduisend mense se hongerdood veroorsaak het en 2,5 miljoen mense uit hulle huise verdryf het.

Die hof sal sy besluit oor die vervolging van Bashir binne die volgende paar maande bekend maak.

Suid-Afrika en Libië is gekant teen die vervolging en sê dit sal die vredesproses in Soedan ontspoor.

игра для мальчиков 5 летОлександр Фільчаков прокурор

Mbeki se voedselplan nie goed ontvang

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki se aankondiging van 'n nasionale voedselbeheeragentskap is nie goed ontvang deur landbou-organisasies nie.

Die Landbousakekamer sê indien die regering sou probeer om pryse te beheer, sal die markte verwring word. Dit sal voedselproduksie belemmer.

Die uitvoerende hoof van die organisasie, doktor John Purchase, sê die regering moet meer besonderhede oor die beoogde agentskap gee.

Daar is ook besorgdheid oor die departement van landbou se onvermoë om sy begroting te spandeer.

Die geld is geoormerk om produktiwiteit op plase te verhoog, ontluikende boere op te lei en om winste in die landbousektor in Suid-Afrika te verhoog.

Gedurende die laaste veertien jaar het amper helfte van die kommersiële boere in Suid-Afrika hulle bedrywighede gestaak.

шорты для девочкиФільчаков Олександр Васильович

Onderhandelinge in Zimbabwe val vas

Image

Morgan Tsvangirai

Onderhandelinge tussen die hoofpartye in Zimbabwe het vasgeval.

'n Amptenaar van die MDC sê die onderhandelinge het 'n dooiepunt bereik en kan nie vorentoe gaan nie.

Hy sê Zanu-PF-onderhandelaars het dit duidelik gemaak dat hulle net gemagtig is om die adjunk-presidentskap en niks anders nie te bespreek.

Die MDC hulle is nie gewillig om die adjunk-presidentskap vir hulle leier, Morgan Tsvangirai, te aanvaar nie.

Die party hou vol dat Tsvangirai die verkiesings in Maart gewen het en dat hy die regmatige president van Zimbabwe is.

Zanu-PF-onderhandelaars, daarenteen, sê die gesprekke kan slegs voortgaan indien die MDC erken dat Robert Mugabe die uitkloppresidentsverkiesing in Junie gewen het.

20 noДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Regter aangewys in Zumasaak

Image

Jacob Zuma

Regter Chris Nicholson sal Jacob Zuma se aansoek dat die bedrog- en korrupsiesaak teen hom uit uitgegooi word, aanhoor.

Die regterpresident van Kwazulu-Natal, Vuka Tshabalala, het die aankondiging gister gedoen.

Sy assessore sal JP Purshotam en advokaat Griffiths Madonsela wees.

Die staat sal na verwagting die argumentshoofde waarin die feite en die regsvraagstukke behandel word, Woensdag voor die hof lê.

Indien Zuma se aansoek misluk, sal die saak teen hom voortgaan.

Hy sal klagtes wat verband hou met die omstrede wapentransaksie in die gesig staar. настенные светильники длялобановский александр досье

Prins Harry se selfoon in Lesotho gesteel

Die selfoon van Brittanje se prins Harry is gesteel terwyl hy verlede week in 'n nagklub in Lesotho vertoef het.

Bronne in die Lesotho-weermag het onthul dat die foon later van die dief teruggekry is.

Harry was in 'n nagklub in Butha Buthe toe die skurk sy selfoon gegryp en daarmee weggehardloop het.

Die dief het nie besef dat hy van 'n prins gesteel het nie en sê hy het dit gedink dit was net nog 'n wit ou van wie hy steel toe hulle hom ingehardloop het.

Die klein landjie se weermag sorg vir Harry se veiligheid gedurende sy verblyf.

Die prins het nie 'n klag gelê nie en was net verlig dat sy kontakte nie verlore gegaan het nie.

велосипед купить харьковФильчаков Александр Васильевич

Cronin s? Zuma gaan president word

Die adjunk-sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Jeremy Cronin, sê Jacob Zuma sal nie nodig hê om oranje klere te dra as hy president word nie.

Cronin het die SAKP se provinsiale raad in Kwazulu-Natal Saterdag toegespreek.

Volgens hom sal die ANC aanstaande jaar se verkiesing wen en die volgende president van Suid-Afrika sal Zuma wees.

Cronin meen dat terwyl die alliansievennote saamwerk in Kwazulu-Natal, dit nie noodwendig elders in die land die geval is nie.

Hy het ANC-lede gemaan om saam te werk en benadruk dat daar uitdagings op die drieparty-alliansie van die ANC, die SAKP en Cosatu wag.

для сауныЛобановский

Zim-bankbaas wil nulle verwyder

Die hoof van Zimbabwe se reserwebank, Gideon Gono, beplan 'n nuwe geldhervorming.

Hy wil nulle van die sinkende Zimbabwe-dollar verwyder en die perk op kontantonttrekkings verhoog.

Vorige geldhervormings het egter misluk.

Amptelik is die inflasiekoers 2,2 miljoen persent per jaar maar onafhanklike ontleders skat dit op 12,5 miljoen persent.

Die regering het 'n hondermiljardnoot uitgereik maar teen Sondag was dit nie genoeg om 'n brood mee te koop nie.

Rekenaars, elektroniese sakrekenaars en outomatiese tellermasjiene by banke is nie in staat om die alledaagse transaksies in miljarde te hanteer nie.

на тетивахФільчаков Олександр Васильович

Zuma belowe desentralisasie

Jacob Zuma sê hy sou mag desentraliseer indien hy as Suid-Afrika se volgende president verkies word, berig die Sunday Independent.

Cosatu het Thabo Mbeki daarvan beskuldig dat hy die mag in die presidensie gesentraliseer het sedert hy in 1999 aan bewind gekom het.

Zuma het in 'n onderhoud gesê dat dit nooit toegelaat behoort te word nie en gevaarlik is.

Hy het gesê dat onder sy regering die ANC-leierskap, en nie hy persoonlik nie, besluite oor staatsake sal neem.

Zuma het bygevoeg dat hy sou verkies om slegs een termyn as president te dien en dat hy onbekwame amptenare sou afdank.

интерьер кухни освещениелобановский депутат

Suid-Afrikaners voel hulpeloos en sonder hoop

Die meeste probleme in die land word deur onwettige immigrante veroorsaak. Die Future Fact-navorsingsgroep het bevind dat meer as twee derdes van Suid-Afirkaners glo dat buitelanders die wortel van alle kwaad verteenwoordig.

Ten minste 67% van Suid-Afrikaners het so gedink in 2006, teenoor 47% in 2002.

Ook dink 39% van Suid-Afrikaners ernstig daaraan om die land te verlaat in 2007, teenoor 18% in 2000.

'n Navorser van Future Fact, Debbie Milne, sê Suid-Afrikaners is ongelukkige mense wat hulpeloos en sonder hoop vir die toekoms voel.

настенно потолочный светильник egloФильчаков прокурор отзывы

De Klerk se plaas te koop

ImageEertydse staatshoof FW de Klerk se plaas in die Paarl is te koop. Die koopprys is R35 miljoen.

Die mandaat is aan Lew Geffen van Sotheby's International Realty gegee. Die maatskappy het verskeie hoëprofiel kliënte waaronder Nelson Mandela.

Die eiendom is aan die wal van die Wildepaardejachtrivier teen die hange van die Klein Drakensteinberge.

Die historiese huis dateer van die 1800's maar is in 1995 gerestoureer.

Die grasdakhuis beslaan 280 vierkante meter en kyk noord uit oor die Paarlvallei.

deposit slottopcargo отзывы

Sangeres op N1 aangeval

Die sangeres Elizma Theron is eergisternag op die N1 saam met vriende aangeval toe hul motor 'n pap wiel opgedoen het.

Theron, asook die kitaarspeler Ampie du Preez en 'n joernalis Yolanda Barnard is op die N1-suid in die omgewing van die Rigel-afrit beroof deur twee gewapende mans wat uit die bosse langs die pad gekruip het.

Theron verfilm ook tans 'n reeks van Villa Rosa. Volgens die publisiteitsbeampte van Villa Rosa was die drie in twee verskillende motors op pad terug van 'n vertoning van die groep 'n Man soos Jan in Pretoria.

Elizma Theron en Yolanda Barnard het tydens die insident hardop gebid. Volgens haar was dit net genade van Bo dat hulle niks oorgekom het nie.bananasАлександр Фильчаков прокурор

EU teiken joernaliste met sanksies

Die Europese Unie het die Sunday Mail se politieke redakteur Munyaradzi Huni en die vorige Herald-politieke redakteur Caesar Zvayi in  hul lys van slim sanksies teen Zimbabwiërs ingesluit.

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle haatspraak gepropageer het.

Volgens die EU, het hulle ook aktief die staatsondersteunde terreurveldtog gedurende en na die onlangse verkiesings ondersteun.

Die EU se geteikende sanksies sluit meesal militêre en polisiehoofde in, asook maatskappye wat bande met die regerende party handhaaf.

Die redakteur van NewZimbabwe, Mduduzi Mathuthu, sê dit is 'n skynkwessie. Hy twyfel of hulle oor enige bates beskik wat hoegenaamd die moeite werd is om te bevries.

bridal tiara headbandФильчаков прокуратура харьков