Sangeres op N1 aangeval

Die sangeres Elizma Theron is eergisternag op die N1 saam met vriende aangeval toe hul motor 'n pap wiel opgedoen het.

Theron, asook die kitaarspeler Ampie du Preez en 'n joernalis Yolanda Barnard is op die N1-suid in die omgewing van die Rigel-afrit beroof deur twee gewapende mans wat uit die bosse langs die pad gekruip het.

Theron verfilm ook tans 'n reeks van Villa Rosa. Volgens die publisiteitsbeampte van Villa Rosa was die drie in twee verskillende motors op pad terug van 'n vertoning van die groep 'n Man soos Jan in Pretoria.

Elizma Theron en Yolanda Barnard het tydens die insident hardop gebid. Volgens haar was dit net genade van Bo dat hulle niks oorgekom het nie.bananasАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae