Irak word Beijing verbied

Die Internasionale Olimpiese Komittee het bevestig dat Irak verbied sal word om aan die Beijing Spele deel te neem.

Dit is 'n groot terugslag vir die sewe Irakese atlete wat gehoop het om aan die Olimpiese toernooi deel te neem.

Die IOK het 'n brief waarin die skorsing aangekondig word gister aan die Irakese minister van Jeug en Sport, Jassim Mohammed Jaffer, gestuur.

Die IOK het Irak as gevolg van politieke inmenging in sy nasionale Olimpiese komittee uitgeskop. Die Irakese komittee is verlede maand afgedank en vervang deur 'n nuwe bestuur met Jafaar aan die stuur.

Die IOK het Irak vroeër, ná die afdanking van die Olimpiese komitee, gewaarsku dat hulle sanksies kan verwag.

мультик куклы барбиДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae