Cronin s? Zuma gaan president word

Die adjunk-sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Jeremy Cronin, sê Jacob Zuma sal nie nodig hê om oranje klere te dra as hy president word nie.

Cronin het die SAKP se provinsiale raad in Kwazulu-Natal Saterdag toegespreek.

Volgens hom sal die ANC aanstaande jaar se verkiesing wen en die volgende president van Suid-Afrika sal Zuma wees.

Cronin meen dat terwyl die alliansievennote saamwerk in Kwazulu-Natal, dit nie noodwendig elders in die land die geval is nie.

Hy het ANC-lede gemaan om saam te werk en benadruk dat daar uitdagings op die drieparty-alliansie van die ANC, die SAKP en Cosatu wag.

для сауныЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae