Doha-samesprekings by dooiepunt

Die Wêreldhandelsorganisasie se onderhandelings oor 'n nuwe globale vryhandelsooreenkoms is deur Suid-Afrika, Indië, Argentinië en verskeie ander lande teengestaan.

Die onderhandelings, wat bekendstaan as die Doha-samesprekings, het versand omdat ryk ontwikkelde Atlantiese volkere verseg om toegewings oor landbou- en nywerheidsprodukte te maak.

Die samesprekinge in Genève is op die punt om in duie te stort tensy die ryk nasies toegee dat hul standpunt oor landbousubsidies nie finaal is nie.

Argentinië, Suid-Afrika en Japan het die konsepooreenkoms as onaanvaarbaar beskryf en het sterk ontevredenheid uitgespreek.

Die Indiese minister van handel, Kamal Nath, het Vrydag gedreig om die onderhandelings vaarwel te sê.

вихревой насосОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae