Hy word daarvan beskuldig dat hy onwettig toegang tot hoogs geheime Amerikaanse rekenaarstelsels verkry het.
Die IT-spesialis wat homself geleer het, sê hy was bloot besig om te kyk watse inligting die Amerikaanse regering oor vreemde vlieënde voorwerpe gehad het.
Terwyl die Britste polisie dink dat hy ses maande gemeenskapsdiens as straf behoort te kry, neem die Amerikaanse owerheid dit veel ernstiger op.
Hulle het voorgestel dat hy deur 'n militêre tribunaal verhoor word, moontlik by Guantánamo-baai en wil hom steeds uitgelewer sien.
McKinnon verdien sy brood deur 'n vurkhyser te bestuur.
