Hy het belowe om na twee termyne afstand van die presidentskap te doen, maar het nou van gedagte verander.
Daar is toenemende kommer oor Museveni se outokratiese styl.
Kritici vrees dat Museveni net nog 'n Afrikaleier geword het wat verseg om van mag afstand te doen.
Die voormalige rebellevegter het die parlement aangemoedig om perke op die presidensiële termyn voor die 2006-verkiesing af te skaf.
