Hy wil nulle van die sinkende Zimbabwe-dollar verwyder en die perk op kontantonttrekkings verhoog.
Vorige geldhervormings het egter misluk.
Amptelik is die inflasiekoers 2,2 miljoen persent per jaar maar onafhanklike ontleders skat dit op 12,5 miljoen persent.
Die regering het 'n hondermiljardnoot uitgereik maar teen Sondag was dit nie genoeg om 'n brood mee te koop nie.
Rekenaars, elektroniese sakrekenaars en outomatiese tellermasjiene by banke is nie in staat om die alledaagse transaksies in miljarde te hanteer nie.
