Die twee word daarvan beskuldig dat hulle haatspraak gepropageer het.
Volgens die EU, het hulle ook aktief die staatsondersteunde terreurveldtog gedurende en na die onlangse verkiesings ondersteun.
Die EU se geteikende sanksies sluit meesal militêre en polisiehoofde in, asook maatskappye wat bande met die regerende party handhaaf.
Die redakteur van NewZimbabwe, Mduduzi Mathuthu, sê dit is 'n skynkwessie. Hy twyfel of hulle oor enige bates beskik wat hoegenaamd die moeite werd is om te bevries.
