Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+

Bewerings van korrupsie by die goudmynmaatskappy Goldfields rondom Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) moet oopgevlek word en die Vryheidsfront Plus gaan die Valke versoek om die bewerings te ondersoek en skuldiges voor die hof te bring, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid. Luidens onlangse mediaberigte het Goldfields se

Lees verder: Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+

DA sweep swartes op oor grond

“Die Demokratiese Alliansie (DA) se Mmusi Maimane se stelling dat die DA grondhervorming ondersteun want “..die euwels van die apartheidstelsel het die beste grond slegs vir wittes gereserveer” dui op opportunisme en dat wittes geteiken word as sondebokke. Die DA speel nou net soos die ANC die rassekaart oor grond,” sê mnr. Pieter Groenewald, die

Lees verder: DA sweep swartes op oor grond

SA gaan Kuba se hulp inroep om waterkrisis op te los

Suid-Afrika gaan Kuba se hulp inroep – ‘n land met sy eie stedelike water probleme – vir ingenieurs en geo-hidroloë om te help met ons dreigende waterinfrastruktuurkrisis. Die minister van waterwese, Edna Molewa het Maandagaand ‘n ooreenkoms onderteken met haar Kubaanse eweknie, Ines Maria Chapman Waugh, by die OR Tambo Internasionale Lughawe, wat bedoel is

Lees verder: SA gaan Kuba se hulp inroep om waterkrisis op te los

Konsepbeleid kyk na farmaseutiese patente

Die regering het ‘n konsepbeleid oor intellektuele eiendom gepubliseer wat verreikende gevolge vir farmaseutiese patente kan hê. Belangegroepe het die stap geloof as ‘n tree nader aan laer medisynekoste. Indien dit aanvaar word, sal die hervormings die produksie van goedkoper generiese medisyne vergemaklik. Die groepe Dokters Sonder Grense en die Treatment Action Campaign sê die

Lees verder: Konsepbeleid kyk na farmaseutiese patente

Petroljoggiestaking: Intimidasie aangemeld

‘n Voorval van intimidasie is by ‘n vulstasie in Pietermaritzburg aangemeld nadat ‘n staking van petroljoggies landwyd begin het. Die eienaar van ‘n vulstasie wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê ‘n groep van vier mans in Numsa T-hemde het by die vulstasie opgedaag en sy personeel wat vir werk opgedaag het, met

Lees verder: Petroljoggiestaking: Intimidasie aangemeld

Renosterstroper in KZN gevang

‘n Vermeende renosterstroper is Sondag in hegtenis geneem, het owerhede van die Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaring, gesê. “Twee skote is laatmiddag in die Hluhluwe-iMfolozi-park gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van natuurbewaring, Maandag in ‘n verklaring gesê. Veldwagters is gestuur om ondersoek te gaan instel en nóg veldwagters is na alle moontlike ontsnaproetes gestuur. Om 14:45

Lees verder: Renosterstroper in KZN gevang

Nadal wen Amerikaanse Ope

Die Spanjaard, Rafael Nadal het ‘n skitterende jaar afgerond deur die wêreld se voorste tennisspeler, Novak Djokovic in die Amerikaanse Ope op die Arthur Ashe Stadion te klop. Nadal het met 6-2 3-6 6-4 6-1 geseëvier en sodoende sy tweede Grand Slam vanjaar inge-oes. Hy het vroeër vanjaar die Franse Ope titel vir die agste

Lees verder: Nadal wen Amerikaanse Ope

Metropolisieman in rooftog geskiet

‘n Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is. ‘n Woordvoerder vir Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel nadat hulle skote by die The Bridge-winkelsentrum in die middestad gehoor het. Mamonyane het gesê

Lees verder: Metropolisieman in rooftog geskiet

Man slaan vrou dood na rusie

‘n 50-jarige swart man is in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin doodgeslaan het, het die polisie in die Oos-Kaap Maandag gesê. Kapt. Stephen Marais, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Sondag in die Nompumelelo-plakkerskamp. Die paartjie het glo rusie gemaak, waarna inwoners die polisie ontbied het. Die vrou, wat vermoedelik iets

Lees verder: Man slaan vrou dood na rusie

Sirië verwelkom plan om chemiese arsenaal onder internasionale beheer te plaas

Sirië het ‘n voorstel van Rusland verwelkom om sy chemiese wapenarsenaal onder internasionale beheer te plaas. Dié stap kan beteken dat die VSA se voorgestelde militêre ingryping gestuit kan word. Die Siriese minister van buitelandse sake, Walid al-Moealem, het gesê sy regering verwelkom die voorstel, maar hy het nog nie aangedui dat sy land die plan

Lees verder: Sirië verwelkom plan om chemiese arsenaal onder internasionale beheer te plaas