Die regering het ‘n konsepbeleid oor intellektuele eiendom gepubliseer wat verreikende gevolge vir farmaseutiese patente kan hê.
Belangegroepe het die stap geloof as ‘n tree nader aan laer medisynekoste.
Indien dit aanvaar word, sal die hervormings die produksie van goedkoper generiese medisyne vergemaklik.
Die groepe Dokters Sonder Grense en die Treatment Action Campaign sê die beleid skep die forum vir veranderings wat beloof om die medediging in die farmaseutiese sektor te verbeter .
Volgens die huidige wetgewing het maatskappye toestemming om patente vir ‘n onbepaalde tyd te hernu.
Dit stel maatskappye in staat om die lewe van hulle monopolieë te verleng, die mededinging van generiese vervaardigers te stuit en hoë pryse te hef vir medisyne in sowel die openbare as die privaatsektor. – RSG
