Wit kinders in Brittanje meer geneig om afgeknou te word

ImageWit kinders is baie meer geneig om geboelie te word as enige ander etniese groep, het Britse navorsing aangetoon.

Volgens die Londense Times sê anti-boelie-aktviste dat wit kinders se kanse om afgeknou te word toeneem waar hulle in die minderheid is.

Claude Knights, die direkteur van die anti-boelie liefdadigheidsorganisasie genaamd Kidscape, sê 'n groeiende aantal wit kinders word geboelie.

Louise Burfitt-Dons, stigter van 'n soortgelyke organisasie by name Act Against Bullying, sê 'n mens hoor net altyd van die ander etniese groepe waarteen daar gediskrimineer word.

Sy sê wittes het reeds hulle gedrag begin verander om te kan oorleef.

водяные насосыФильчаков прокуратура харьков

Ban wil in Zimbabwe bemiddel

ImageDie sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moen het gister belowe om te bemiddel in die politieke krisis in Zimbabwe. Hy het bygevoeg dat die verkiesing wat internasionaal verwerp word, implikasies vir die hele Afrika het.

Volgens Ban gaan die verkiesing mank aan legitimiteit vanweë die graad van geweld daartydens.

Ban het 'n nuuskonferensie in Tokio vertel dat Zimbabwiërs in staat moet wees om werklike vryheid te geniet en om hul leiers uit eie vrye wil te kies en sonder om geïntimideer te word.

Die VN-hoof het ook verwys na die Keniaanse oplossing waar regering en opposisie saam regeer.

белое сухое вино ценаЛобановский Харьков

Amerikaanse firmas vir foltering gedagvaar

Vier Irakiërs het gister in Istanboel aangekondig dat hulle twee Amerikaanse firmas en hul werknemers gaan dagvaar omdat hulle na bewering vyf jaar gelede deur hulle in die berugte Abu Ghraib-gevangenis in Bagdad gemartel is.

Die hofsaak geskied teen die privaatveiligheidsfirma CACI International en twee van sy ondervraers, Daniel Johnson en Tim Dugan, asook die vertalingsagentskap L-3 (voorheen Titan Corp) en hul tolk, Abel Nakhla, het die mans se regsverteenwoordiger gesê.

Hulle klag sou gister by howe in Maryland, Ohio en Washington ingedien word – die Amerikaanse deelstate waar die beweerde folteraars woon – asook in Michigan waar L-3 die meeste van sy tolke in diens geneem het.

fortunetopcargo

VSA wil strenger sanksies teen Zimbabwe h

Die Verenigde State is van plan om die VN aan te spoor tot meer omvattende sanksies teen Zimbabwe.

Die VSA het 'n VN-resolusie opgetrek wat 'n algehele wapenboikot teen die regering van Robert Mugabe instel.

Dit doen voorts 'n beroep op die internasionale gemeenskap om die bates van spesifieke Zimbabwiese persone en maatskappye te bevries.

'n Algehele reisverbod teen lede van die Mugabe-regime word ook in die vooruitsig gestel.

Volgens die konsepresolusie sal die Veiligheidsraad nie Mugabe se oorwinning in die pas afgelope verkiesing erken nie.

воздушный компрессор безлобановский александр фото

Weerstandsvlak vir ru-olie op $140 nou gebreek

Wêreldoliepryse het vanmore deur die vlak van $142 beweeg.

Kommer oor die aanbod en die swak Amerikaanse dollar is besig om toe te neem.

Die hooftermynkontrak op die Newyorkse NYMEX-beurs verhandel reeds teen $142,35 per vat en die kontantprys van Brent-ru-olie staan op $142,44. Vrydag het die termynkontrak in New York-verhandeling 'n nuwe rekord van $142,99 per vat opgestel.

Die Brent-kontantprys het insgelyks Vrydag 'n nuwe rekord van $142,97 behaal.

Volgens ontleders is die weerstandsvlak op $140 nou gebreek en kan dit in die nabye toekoms nóg hoër styg.

палатки киевФильчаков прокурор

G8 retireer oor Afrika-hulp

Image

Foekoeda

Die meeste G8-lande is ver agter sover dit hul beloftes van verhoogde hulp aan Afrika by Gleneagles betref.

Die ryk nasies retireer nou oor hul onderneming by die Gleneagles-spitsberaad in 2005 om hulp aan Afrika tot $25 miljard per jaar te verhoog.

In 'n konsepcommuniqué wat deur die Londense Financial Times verkry is en wat by die Juliespitsberaad in Japan uitgereik gaan word, bly die G8 in gebreke om hul teiken te noem.

Dié stap kan 'n verleentheid vir Japan wees wat van ondersteuning aan Afrika 'n tema van die spitsberaad gemaak het.

Die Japannese eerste minister, Jasoeo Foekoeda, het onlangs 'n verdubbeling van hulp aan Afrika teen 2013 aangekondig.

Agt Afrikaleiers is veronderstel om die G8-beraad op 7 Julie by te woon.

справка 27 уФильчаков Александр Васильевич

Oorlog dreig

ImageNuus het uitgelek dat 'n briljante lugtaktikus, Aviam Sela, in die geheim met die Israelse Eerste Minister Ehud Ohlmert ontmoet het

Sela was die meesterbrein agter Operasie Opera toe Israel 'n langafstandaanval op Irak se Osirak-kernreaktor in 1981 geloods het.

Vrede in die Midde-Ooste hang nou daarvan af of Sela dink dat dit moontlik is om Busjeer en Natanz aan te val, meen ingeligtes.
In reaksie het Iran se topbevelvoerder van sy Revolusionêre Wag, Generaal Mohammaed Ali Jafari, gedreig om die deurgang vir olietenkskepe, die straat van Hormuz, te beheer en gewaarsku dat Iran vir Israel met missiele sou aanval.

Op die vooraand van die Paasfees vroeër vanjaar het Olmert gesweer dat Iran nooit 'n kernmoonheid sou word nie.

Die adjunk-premier van Isreal, Shaul Mofaz, het vroeër vandeesmaand gesê dat Israel geen ander keuse sou hê as om Iran aan te val nie.

люстры под потолокФильчаков прокуратура харьков

Kurt Darren daarvan weerhou om in Londen in Afrikaans te sing

ImageRapport berig dat die gewilde Afrikaanse sanger Kurt Darren deur die Britse organiseerders daarvan weerhou is om tydens die Mandela-verjaardagkonsert in Afrikaans te sing.

Volgens Darren is daar vele tale op die verhoog in Hydepark gehoor en het hy gehoop dat Afrikaans een van hulle sou wees – nie as 'n politieke verklaring nie maar net om ons kultuur aan die wêreld te wys.

Die organiseerders wou gehad het hy moes 'n paar reëls sing vir 'n Afrikaanse weergawe van Eddy Grant se Gimme Hope, Johanna.

Sekere van die reëls van die liedjie was egter te anti-blank na Darren se smaak en die plan het toe deur die mat geval.

баня турецкаялобановский александр игоревич

WGO s? vuil water raak armes die meeste

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vandeesweek gesê dat besoedelde en onveilige water een uit tien siektes veroorsaak en wêreldwyd tot ses persent van alle sterftes aanleiding gee.
Die verslag beklemtoon dat dit die wêreld se armste lande buite verhouding beïnvloed.

Meer as 15 persent van siektes kan maklik deur verbeterde water, riolering en higiëne voorkom word, het die skrywer van die verslag gesê.

In ontwikkelde lande veroorsaak water minder as een persent van sterftes maar in ontwikkelende lande is dit gemiddeld agt persent. Angola is die mees ekstreme geval vir onveilige water teen 24 persent hoewel die land oor groot olie-inkomste beskik.

Siektes soos malaria, knokkelkoors of diarree kan deur middel van die watertoevoer oorgedra word.

паркетпрокурор Фильчаков

Somber vooruitsig vir Britse premier

Daar is vandag min om te vier op Mandela se verjaardag vir die Britse Arbeidersparty. In weerwil van 'n vrolike atmosfeer by 'n Madiba-partytjie gisteraand, lyk dinge somber vir Gordon Brown.
Die Arbeiders het gister skaars drie persent van die stemme in Henley, naby Oxford, ontvang.

Die Britse premier se party het vyfde in die verkiesing geëindig. Wat dit nog erger maak, is dat kiesers hom nou as 'n las beskou.

Die Arbeidersparty het nou selfs agtergeraak by die regse Britse Nasionale Party en die party se kandidaat het sy deposito verloor.

Die kiesers hou Brown persoonlik vir Brittanje se ekonomiese verslapping en verhoogde belastings verantwoordelik.

group play apktopcargo развод

Britse Foreign Office ondersoek Anglo-American

Brittanje se buitelandsesakedepartement, die Foreign Office, verlang inligting van Anglo-American aangaande die maatskappy se planne om 'n platinummyn in Zimbabwe te bou.
Anglo-American het 'n verklaring uitgereik waarin sy planne verdedig word om die Unki-platinummyn teen 'n koste van $400 miljoen te ontwikkel.

Die maatskappy het beklemtoon dat sy teenwoordigheid in Zimbabwe met alle tersaaklike nasionale en internasionale wette ooreenstem.

Die Britse departement van buitelandse sake het enige optrede wat lyk asof dit die bewind direk ondersteun verwerp.

игры длядєвочєкФильчаков прокурор отзывы

Slapende vlie?niers vlieg verby bestemming

Image'n Air India-vlug wat na Moembaai op pad was, moes halfpad na Goa omdraai toe die slapende vlieëniers deur lugbeheer wakker gemaak is.

Die owerheid probeer die saak toesmeer, maar die Times of India het berig dat die insident twee weke gelede plaasgevind het.

Omtrent 100 passasiers was aan boord van die vlug wat lugbeheer uiteindelik moes bel om die vlieëniers wakker te maak, wat toe die vliegtuig omgedraai het.

slots noФільчаков прокурор

Noord-Korea sal van terreurswartlys afgehaal word

ImageDie VSA gaan Pjongjang van sy lys van staatsondersteunde terrorisme afhaal.

 
Noord-Korea het 'n uiteindelik 'n verklaring oor sy kernprogramg afgelê.

Die land gaan nie enige inligting oor sy uraanverrykingsprogram bekendmaak nie, maar sal goed gedokumenteerde besonderderhede oor plutonium-gebaseerde stowwe en fasiliteite verskaf.

Suid-Korea het bevestig dat die verklaring oorhandig is.

Washington sal nou oor die volgende ses weke die verklaring verifieer.

купить детские футболки оптомДанильченко Юрий Брониславович

Subprimafiasko mag die gevolg wees van lenings aan Amerikaanse minderhede

Die subprimahuisleningsborrel mag gebeur het as gevolg van kunsmatige pogings om die huiseienaarskoers te verhoog deur meer huislenings aan minderheidsgroepe in die VSA uit te deel. Dis die mening van finansiële kundiges in Amerika.

Die afgelope vier dekades het politieke leiers in die VSA subsidies vir huisaankope deur minderhede gesien as 'n manier om maatskaplike vrede te koop en onluste te beperk.

Omtrent die helfte van alle huisverbande vir swartes en Spaanssprekendes is subprima, teenoor omtrent een sesde vir blankes.

Die ergste huisprysinsinkings het in oorwegend gekleurde stede soos Las Vegas, Miami, Phoenix en Los Angeles plaasgevind.

Of huiseienaarskap werklik spanning verminder, is nie seker nie.

In die South Central woongebied van Los Angeles, waar die 1992-rasseonluste uitgebreek het, was vyf uit agt wonings deur hul eienaars bewoon.

ле шато брион фиалка фотоФільчаков прокурор