Kurt Darren daarvan weerhou om in Londen in Afrikaans te sing

ImageRapport berig dat die gewilde Afrikaanse sanger Kurt Darren deur die Britse organiseerders daarvan weerhou is om tydens die Mandela-verjaardagkonsert in Afrikaans te sing.

Volgens Darren is daar vele tale op die verhoog in Hydepark gehoor en het hy gehoop dat Afrikaans een van hulle sou wees – nie as 'n politieke verklaring nie maar net om ons kultuur aan die wêreld te wys.

Die organiseerders wou gehad het hy moes 'n paar reëls sing vir 'n Afrikaanse weergawe van Eddy Grant se Gimme Hope, Johanna.

Sekere van die reëls van die liedjie was egter te anti-blank na Darren se smaak en die plan het toe deur die mat geval.

баня турецкаялобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae