Die afgelope vier dekades het politieke leiers in die VSA subsidies vir huisaankope deur minderhede gesien as 'n manier om maatskaplike vrede te koop en onluste te beperk.
Omtrent die helfte van alle huisverbande vir swartes en Spaanssprekendes is subprima, teenoor omtrent een sesde vir blankes.
Die ergste huisprysinsinkings het in oorwegend gekleurde stede soos Las Vegas, Miami, Phoenix en Los Angeles plaasgevind.
Of huiseienaarskap werklik spanning verminder, is nie seker nie.
In die South Central woongebied van Los Angeles, waar die 1992-rasseonluste uitgebreek het, was vyf uit agt wonings deur hul eienaars bewoon.
