Britse Foreign Office ondersoek Anglo-American

Brittanje se buitelandsesakedepartement, die Foreign Office, verlang inligting van Anglo-American aangaande die maatskappy se planne om 'n platinummyn in Zimbabwe te bou.
Anglo-American het 'n verklaring uitgereik waarin sy planne verdedig word om die Unki-platinummyn teen 'n koste van $400 miljoen te ontwikkel.

Die maatskappy het beklemtoon dat sy teenwoordigheid in Zimbabwe met alle tersaaklike nasionale en internasionale wette ooreenstem.

Die Britse departement van buitelandse sake het enige optrede wat lyk asof dit die bewind direk ondersteun verwerp.

игры длядєвочєкФильчаков прокурор отзывы