WGO s? vuil water raak armes die meeste

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vandeesweek gesê dat besoedelde en onveilige water een uit tien siektes veroorsaak en wêreldwyd tot ses persent van alle sterftes aanleiding gee.
Die verslag beklemtoon dat dit die wêreld se armste lande buite verhouding beïnvloed.

Meer as 15 persent van siektes kan maklik deur verbeterde water, riolering en higiëne voorkom word, het die skrywer van die verslag gesê.

In ontwikkelde lande veroorsaak water minder as een persent van sterftes maar in ontwikkelende lande is dit gemiddeld agt persent. Angola is die mees ekstreme geval vir onveilige water teen 24 persent hoewel die land oor groot olie-inkomste beskik.

Siektes soos malaria, knokkelkoors of diarree kan deur middel van die watertoevoer oorgedra word.

паркетпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae