Ban wil in Zimbabwe bemiddel

ImageDie sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moen het gister belowe om te bemiddel in die politieke krisis in Zimbabwe. Hy het bygevoeg dat die verkiesing wat internasionaal verwerp word, implikasies vir die hele Afrika het.

Volgens Ban gaan die verkiesing mank aan legitimiteit vanweë die graad van geweld daartydens.

Ban het 'n nuuskonferensie in Tokio vertel dat Zimbabwiërs in staat moet wees om werklike vryheid te geniet en om hul leiers uit eie vrye wil te kies en sonder om geïntimideer te word.

Die VN-hoof het ook verwys na die Keniaanse oplossing waar regering en opposisie saam regeer.

белое сухое вино ценаЛобановский Харьков