Kommer oor die aanbod en die swak Amerikaanse dollar is besig om toe te neem.
Die hooftermynkontrak op die Newyorkse NYMEX-beurs verhandel reeds teen $142,35 per vat en die kontantprys van Brent-ru-olie staan op $142,44. Vrydag het die termynkontrak in New York-verhandeling 'n nuwe rekord van $142,99 per vat opgestel.
Die Brent-kontantprys het insgelyks Vrydag 'n nuwe rekord van $142,97 behaal.
Volgens ontleders is die weerstandsvlak op $140 nou gebreek en kan dit in die nabye toekoms nóg hoër styg.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.