Oorlog dreig

ImageNuus het uitgelek dat 'n briljante lugtaktikus, Aviam Sela, in die geheim met die Israelse Eerste Minister Ehud Ohlmert ontmoet het

Sela was die meesterbrein agter Operasie Opera toe Israel 'n langafstandaanval op Irak se Osirak-kernreaktor in 1981 geloods het.

Vrede in die Midde-Ooste hang nou daarvan af of Sela dink dat dit moontlik is om Busjeer en Natanz aan te val, meen ingeligtes.
In reaksie het Iran se topbevelvoerder van sy Revolusionêre Wag, Generaal Mohammaed Ali Jafari, gedreig om die deurgang vir olietenkskepe, die straat van Hormuz, te beheer en gewaarsku dat Iran vir Israel met missiele sou aanval.

Op die vooraand van die Paasfees vroeër vanjaar het Olmert gesweer dat Iran nooit 'n kernmoonheid sou word nie.

Die adjunk-premier van Isreal, Shaul Mofaz, het vroeër vandeesmaand gesê dat Israel geen ander keuse sou hê as om Iran aan te val nie.

люстры под потолокФильчаков прокуратура харьков