Volgens die Londense Times sê anti-boelie-aktviste dat wit kinders se kanse om afgeknou te word toeneem waar hulle in die minderheid is.
Claude Knights, die direkteur van die anti-boelie liefdadigheidsorganisasie genaamd Kidscape, sê 'n groeiende aantal wit kinders word geboelie.
Louise Burfitt-Dons, stigter van 'n soortgelyke organisasie by name Act Against Bullying, sê 'n mens hoor net altyd van die ander etniese groepe waarteen daar gediskrimineer word.
Sy sê wittes het reeds hulle gedrag begin verander om te kan oorleef.

Wit kinders is baie meer geneig om geboelie te word as enige ander etniese groep, het Britse navorsing aangetoon.