G8 retireer oor Afrika-hulp

Image

Foekoeda

Die meeste G8-lande is ver agter sover dit hul beloftes van verhoogde hulp aan Afrika by Gleneagles betref.

Die ryk nasies retireer nou oor hul onderneming by die Gleneagles-spitsberaad in 2005 om hulp aan Afrika tot $25 miljard per jaar te verhoog.

In 'n konsepcommuniqué wat deur die Londense Financial Times verkry is en wat by die Juliespitsberaad in Japan uitgereik gaan word, bly die G8 in gebreke om hul teiken te noem.

Dié stap kan 'n verleentheid vir Japan wees wat van ondersteuning aan Afrika 'n tema van die spitsberaad gemaak het.

Die Japannese eerste minister, Jasoeo Foekoeda, het onlangs 'n verdubbeling van hulp aan Afrika teen 2013 aangekondig.

Agt Afrikaleiers is veronderstel om die G8-beraad op 7 Julie by te woon.

справка 27 уФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae