Omtrent 6 000 IVP-jeugbrigadelede het die middestadverkeer by die Gauteng-wetgewer ontwrig.
Soortgelyke opmarse is onlangs in Durban gehou waar die IVP Mbeki daarvan beskuldig het dat hy Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap met naamsveranderings wou verwoes.
Die naamsverandering is die voorgestelde Griffits Mxenge-snelweg in plaas van Mangosuthu-snelweg in Umlazi.
Die optog deur 10 000 IVP-ondersteuners het Durban verlede maand tot stilstand gebring.
