Help die Rapportryers met Erfenisprojek

Sedert 1652 is ‘n welvaartbeskawing, gevestig op Christelik-Protestantse beginsels, hier te lande gevestig wat tot voordeel van al die land se inwoners dien. Die Afrikanervolk, of die Afrikaner Kultuurgemeenskap soos in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word, was hoofsaaklik verantwoordelik vir die vestiging en uitbouing van vermelde beskawing en lewensnorme.

Gedurende die Landsberaad van die Rapportryerbeweging gedurende 2004 te Maselspoort, is besluit dat aandag aan die Afrikaner Erfenisse gegee moet word. Tydens die Landsberaad van 2006 te Wellington, is hierdie besluit herbevestig. Voortspruitend uit vermelde besluite is ondergetekende op 12 Mei 2007 ingestel as lid van die Rapportryerdaad, met die spesifieke verantwoordelikheid:- RRB Erfenisprojekte.

Die Rapportryerbeweging beoog om landswyd ‘n opname van die Afrikaner erfenis te maak; dit op te spoor, te noteer, te registreer en waar nodig te laat proklameer, sodat hierdie Grondbrief van Eiendomsreg van die Afrikaner, synde ‘n inheemse volk van hierdie Suiderland, wetlik beskerm mag word. Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne van 1999 omskryf wat bewarenswaardig mag wees, onder meer as volg:

(a) plekke, geboue, strukture en toerusting wat van kulturele waarde mag wees;

(b) plekke wat aan mondelinge oorlewering gekoppel is of wat geassosieer word met die lewende [hedendaagse] erfenis

(c) historiese nedersettings en gehuggies;

(d) landskappe en natuurlike kenmerke van kulturele betekenis;

(e) geologiese gebiede van wetenskaplike of kulturele belang;

(f) argeologiese en palaeontologiese terreine;

(g) grafte en begraafplase, insluitend ~

(i) voorvaderlike grafte;

(ii) koninklike grafte en grafte van Tradisionele Leiers

(iii) grafte van konflikslagoffers;

(iv) grafte van individue wat deur die betrokke Minister in die Staatskoerant verklaar is;

(v) historiese grafte en begraafplase; en

(vi) ander menslike oorblyfsels wat nie deur die Wet op Menslike Weefsel, wet 65 van 1983, omskryf is nie;

(h) terreine van belang met betrekking tot die geskiedenis van slawerny in Suid-Afrika;

(i) verwyderbare voorwerpe, insluitend ~

(i) voorwerpe herwin vanuit die grond of waters van Suid-Afrika, insluitend argeologiese en palaeontologiese voorwerpe en materiaal, meteoriete en skaars geologiese monsters;

(ii) voorwerpe waaraan mondelingse tradisies gekoppel is of wat gekoppel is aan mondelinge {hedendaagse] erfenis;

(iii) etniese kuns en voorwerpe;

(iv) militêre voorwerpe;

(v) sier-voorwerpe of voorwerpe van die skone kunste;

(vi) voorwerpe van wetenskaplike of tegnologiese belang; en

(vii) boeke, verslae, dokumente, fotografiese positiewe en negatiewe voorwerpe, grafiese, film of videomateriaal of klankopnames, uitsluitend daardie wat openbare verslae is soos gedefineer in artikel 1 (xiv) van die Wet op die Nasionale Argiewe van Suid-Afrika (Wet 43 van 1996)

Waar die Afrikanervolk, of Kultuurgemeenskap, soos dit Grondwetlik omskryf is, oor geheel Suid-Afrika versprei woon en in elke uithoek van ons Vaderland sy stempel afgedruk het, is die samewerking van elke Rapportryer nodig om van hierdie projek ‘n sukses te maak.

Vanuit die Boerderygemeenskap dink ons veral aan opstalle en plaaswerwe wat ‘n eeu of langer ons landskap verfraai; strukture van estetiese, argitektoniese, kulturele of kultuur-historiese belang; plaasbegraafplase waar prominente persone uit die plaaslike gemeenskap, die breër Afrikaner-gemeenskap, ons krygsverlede of enige derglike velde van prestasie ter ruste gelê is; alle grafte wat histories, kultureel of in familieverband van belang is, asook grafte wat ouer as sestig jaar is; ons dink aan plekke van belang op plase soos historiese slagvelde, ~vergaderplekke, ~terreine, asook plaasgedeeltes waar uitsonderlike landboukundige prestasies behaal is.

Vanuit die Kerklike gemeenskappe dink ons aan gemeentes wat reeds hul Vyftigjarige, eeufees, of langer bestaan gevier het; kerkgeboue van historiese, estetiese, argitektoniese of kerk-administratiewe belang; pastorieë en ander gemeentelike of kerklike eiendomme wat aan voormelde voldoen, asook orrels, preekstoele, kerkklokke of derglike voorwerpe wat kultuurhistories van belang mag wees;

Vanuit die Onderwysgeledere dink ons aan historiese skoolgeboue, sportvelde waar besondere prestasies gelewer is, plekke waar uitstaande persone hul skoling ondergaan het asook alle ander plekke van belang.

So kan ons voortgaan in elke beroepsgroep deur Suid-Afrika. Al voormelde, en andere, moet opgespoor en genoteer word. Talle mag daarna geproklameer word ten einde dit te bewaar in ‘n proses om ons bakens as Kultuurgemeenskap, as Volk, vas te stel en bekend te maak, maar ook om dit te bewaar vir die nageslag. Dit is alles deel van dit wat dien as bewys van die Afrikaner se ontwyfelbare aanspraak op ons Vaderland, Suid-Afrika. ‘n Land wat ons deur die genade van God bewoon, en ook deel met ander volkere, maar waar ons die onbetwisbare bewys kan lewer dat ons as Kultuurgemeenskap oor dekades dié leidingewende aandeel in die opbou en ontwikkeling van hierdie land gelewer het.

Graag rig ek hiermee ‘n versoek ook aan PRAAG om landswyd betrokke te raak; aktiveer boere, onderwysers, skoliere, almal wat maar kan om ons behulpsaam te wees in hierdie projek om al voormelde Erfenishulpbronne op te spoor, te noteer en so volledig moontlik inligting, insluitend, waar moontlik, stawende boeke of albums aan ons deur te voer, hetsy na ondergetekende, of na die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument.

Dit wat ons wil aanteken is die erfenis van ons en van u nageslag. ‘n Erfenis wat ons nie mag toelaat dat dit van ons Kultuurgemeenskap, die Afrikanervolk af vervreem word nie.

arabian nights game freeАлександр Фильчаков прокурор

Noord-Korea wil kernprogram hervat

Die Noord-Koreaanse persagentskap het Maandag aangekondig dat Noord-Korea 'n tweede onderaardse kerntoets uitgevoer het. Die toets was geslaag volgens die agentskap. Hulle het vroeër dié maand aangekondig dat hulle hulle kernprogram wil hervat.

Die kommunistiese regime van Kim Jong Il het reeds in Oktober 2006 'n kerntoets uitgevoer. Die tweede toets is gedoen om "selfverdediging" te bevorder, het die agentskap berig.

Noord-Korea het enkele ure later volgens 'n Suid-Koreaanse berig 'n kortafstand missiel afgevuur. Die missiel het glo 'n reikwydte van 130km en is van die basis Moesoedan Ri aus gelanseer.

'n Woordvoerder van Suid-Korea Lee Myung Bak, het bevestig dat die noorde volgens alle aanduidings waarskynlik 'n kerntoets gedoen het. Die Suid-Koreaanse veiligheidsliggaam in die kabinet het intussen dringend 'n sitting belê.

Washington kon nie die nuus bevestig nie en het aangedui dat hulle kontak sal opneem met die aangewese verteenwoordigers. 'n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake wat anoniem wou bly, het gesê dat hulle meer inligting oor die beweerde kerntoets wil insamel.

Geoloë in die VSA, Japan en Korea het seismiese aktiwiteit geregistreer in Noord-Korea. Amerikaanse wetenskaplikes het 'n aardbewing wat 4,7 op die Richterskaal gemeet het, waargeneem in die noorde van die land. Japan se meteorologiese spesialiste probeer tans vasstel wat die oorsaak van die aardbewing kon gewees het.

Suid-Koreaanse seismoloë het 'n aardbewing van 4,5 in Kiljoe in die provinsie Hamjong geregistreer.

Die EU se kommissaris vir buitelandse aangeleenthede, Benita Ferrero-Waldner, wat tans op besoek aan Tailand is, het Maandag haar kommer uitgespreek. Indien dit wel waar is, het sy gesê, is "dit uiters kommerwekkend, en so 'n stap moet veroordeel word".

Na die eerste kerntoets in 2006 het die VSA sanksies teen Noord-Korea ingestel. Stephen Bosworth, die VSA se gesant in Noord-Korea, het die land destyds met "gevolge"gedreig indien hulle weer 'n toets onderneem.

online cluedo gameФильчаков Харьков

Malawi se verkiesing bring ‘einde aan etnisiteit’

Malawi se presidentsverkiesing waarin Bingu wa Mutharika vir 'n tweede termyn aangewys is, het 'n einde gebring aan streeks- en etniese verdelingslyne, volgens sekere kenners.

Sedert die land se onafhanklikheidswording van Brittanje in 1964, het etnisiteit 'n vername rol gespeel in die politiek. Mutharika uit die suide van die land, wat afkomstig is uit die klein minderheidstam, die Lomwe, het John Temba van die land se grootste stam, die Chewa, goed verslaan.

Vir die eerste maal stem kiesers vir leiers uit ander stamme. Die verkiesingsveldtog is só gevoer om waardes te beklemtoon en nie etniese kwessies nie. Die opposisie het die keer swakker gevaar as in die vorige verkiesing en kon slegs 48 setels teenoor die 105 van die vorige verkiesing in 2004 handhaaf.

Ander kenners meen die afwesigheid van 'n sterk leier en kleiner partye het veroorsaak dat Mutharika goed doen. Sy beloftes van bystand aan bestaansboere wat 80% van die land se voedsel voorsien, het ook gehelp om sy oorwinning te verseker.

Aanklagte van korrupsie teen 'n ander opposisieleier Muluzi en alliansievennoot van Temba, het ook gehelp. Een uit elke 10 volwassenes in Malawi is HIV-postief en 'n halfmiljoen kinders is reeds wees gelaat. Die lewensverwagting is 43 jaar.

тамбов очистителиОлександр Фільчаков прокурор

Suid-Korea treur oor ontslape leier

Sowat 35 000 Suid-Koreane het Sondag na die dorpie Bongha, 450 km van Seoel af, gestroom om eer te betoon aan die ontslape oudpres. Roh Moo-hyun nadat hy Saterdag selfmoord gepleeg het deur van ’n krans naby sy huis te spring.

In Sentraal-Seoel het treurendes ure tougestaan voor die 16de eeuse Deoksoe-paleis om wit blommekranse by ’n tydelike gedenkteken neer te lê, wierook te brand en voor portrette van die 62-jarige leier te buig.

Roh, wat armoede oorkom het om vanaf 2003 ’n volk van sowat 49 miljoen mense te lei, het ’n nota nagelaat waarin hy sy lyding weens korrupsie-aanklagte beskryf en versoek om veras te word.Hy het sy amp 15 maande gelede verlaat.

Roh en sy gesin is aan kruisverhoor onderwerp oor sowat $6 miljoen wat hulle ontvang het van ’n sakeman van Seoel wat met verskeie omkoopskandale verbind word.

Die staatsbegrafnis sal waarskynlik Vrydag ná sewe dae van rou plaasvind.

siteлобановский александр игоревич

Kruger-naam ‘rassisties’

’n Straat in die Switserse dorpie St. Gallen wat al langer as ’n eeu die naam van oudpres. Paul Kruger dra, het 'n nuwe naam. Die straat se nuwe heet nou Dürrenmatt-straat, ter ere van die bekende Switserse skrywer en dramaturg Friedrich Dürrenmatt.

Theo Buff van die dorp se beplanningsafdeling het aan Reuters gesê die naam is verander “as gevolg van ’n verbintenis met rassisme”. “Binne die destydse konteks kan ’n mens verstaan dat ’n straat na Kruger genoem is, maar dit kan nie meer geregverdig word nie.”

Linkse groepe was teen die ou straatnaam gekant.

search casino gamestopcargo отзыв

Zuma bedank sy kiesers en belowe dienste

President Jacob Zuma sê ekonomiese ontwikkeling en fasiliteite moet nie alleen vir voorheen-wit gebiede beskore wees nie. Hy het Sondag aan honderde mense by die opening van die Pan-Afrikawinkelsentrum in Alexandra gesê lokasies moet die basiese dienste voorsien wat historiese wit gebiede ook het.

Hy het winkelsentrums, behoorlike paaie, elektrisiteit, water en sanitasie, kwaliteitskole en klinieke asook bekostigbare vervoer genoem. Zuma wat Zoeloe en Engels gepraat het, het gesê "hulle sal nie rus voordat dit nie gebeur nie".

Hy het tydens die opening gesê die sentrum is 'n yslike geleentheid om werk te skep in die "ekasi", die slêngwoord vir 'n lokasie. Hy het bygevoeg dat die ANC se verkiesingsbeloftes vorm begin aanneem en dat die lokasies gaan verander.

Dié eerstewêreldse inkopiesentrum wat 16 000 vierkante meter beslaan, vorm deel van die Alexandra hernuwingsprojek. Dit sluit 'n taxi-fasilitiet in wat ontwikkel is deur die Pan Africa Development Company. Die maatskappy is opgerig deur plaaslike entrepreneurs en die twee groot taxiverenigings in Alexandra.

Die maatskappy se voorsitter Tebogo Mogashoa, Gauteng Premier Nomvula Mokonyane, die ANC provinsiale voorsitter Paul Mashatile, Johannesburg se burgemeester Amos Masondo en die ANC provinsiale sekretaris David Makhura was teenwoordig.

Die skare was buitengewoon uitbundig toe die deure oopgaan en het die sentrum binnegestorm. Die president is ná sy toespraak op die tweede verdieping onthaal. Dit was ook die afsluiting van sy dankiesêtoer deur Johannesburg.

Hy het vroeër by die Grace Bible Church, Maponya Mall en die Hector Peterson-gedenksteen in Soweto 'n draai gemaak om kiesers te bedank wat vir die ANC gestem het in April. Opgewonde veterane het hom by die gedenksteen ingewag.

Hy het aan die ondersteuners gesê Soweto is die gesig van Suid-Afrika en die tuiste van die ANC. Meeste van die ANC se leiers kom uit Soweto. Hy het belowe om kontak met die mense op grondvlak te hou.

Hy het ook belowe om 'm tolvrye inbeldiens beskikbaar te stel aan die publiek sodat hulle nie deur plaaslike verteenwoordigers hoef te werk nie. 'n Ouerige man, Gabriel Sekgotho, wat die geleentheid gegee is om van die verhoog te praat, het gekla dat die raadslede miljoene uitgee, maar hy sukkel om sy geld terug te kry.

Zuma het daarna belowe om die saak op te los. Die skare het daarna verdaag met die liedjie "Umshini wami".

Rebecca Motshele, 74, en haar vriendin Betty Banda, 90, het albei die geleentheid bygewoon in volle ANC-uniform geklee. "Ons het kom luister wat ons president vir ons kom sê het en om hom te vertel wat ons kwel," het Motshele gesê.

оборудование дляпрокурор харьковской области

Handel huisoordrag vinnig af s? VF+

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die oordrag van eienaarskap van munisipale huurhuise aan arm gesinne spoedig moet begin en dat dit vanjaar afgehandel moet word.

Die Burgemeester het by gister (Donderdag 21 Mei) se Burgemeestersrede aangekondig dat titelaktes van munisipale behuising aan arm gesinne regoor die stad oorgedra sal word.

Die VF Plus het die aankondiging verwelkom en sy tevredenheid uitgespreek dat die Burgemeester spesifiek na die huise in Wolmer in Pretoria-Noord, wat hoofsaaklik deur arm wit gesinne bewoon word, verwys het.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, sloer die oordrag van eienaarskap al vir jare en het inwoners al gewoond geraak om gemengde boodskappe te kry oor wat met hulle wonings gaan gebeur.

“Die mense van Wolmer en ander gebiede is al moedeloos omdat daar permanent ‘n vraagteken oor die toekoms van hulle huise hang. Hierdie aankondiging van die Burgemeester sal hopelik ‘n einde aan die mense se onsekerheid bring. Dit moet egter in die komende finansiële jaar afgehandel word”, het Beyers gesê.

Die VF Plus veg sedert 2007 daarvoor dat die inwoners van Wolmer en ander gebiede hulle huise moet kry. Die ervaring was egter dat daar in die onlangse verlede teen arm wit gesinne gediskrimineer is wanneer oordrag van munisipale huurhuise ter sprake was. “Hopelik is hierdie diskriminasie nou op ‘n einde en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om die behuisingsprobleem in die munisipaliteit te help verlig vir al sy inwoners.”

In Mei 2007 het ‘n herrie losgebars toe die ANC die arm wit gesinne in Wolmer se huise aan ‘voorheen benadeelde’ mense wou gee. Dit sou honderde mense dakloos gelaat het. Die VF Plus se heftige verset daarteen, en die gevolglike openbare protes teen die planne, het die ANC in 2007 daarvan laat afsien.

“Hierdie bewys dat die VF Plus se benadering tot die politiek vrugte afwerp. Die VF Plus het heftige kritiek teen die ANC se optrede in Wolmer uitgespreek, maar terselfdertyd het die VF Plus met die plaaslike ANC-leierskap onderhandel oor ‘n oplossing. Hierdeur het die VF Plus tot die redding van die mense van Wolmer gekom”, het Beyers gesê.

Dit het tyd geword dat die inwoners van Pretoria die VF Plus ‘n kans moet gun om vir hulle regte op te staan, verwysende na die 2011-munisipale verkiesing. “Pretorianers het ‘n keuse: stem vir die DA om op elke hoek en draai histeries op die ANC te gil sonder enige effek of oplossing; of stem vir die VF Plus wat die vermoë het om werkbare oplossings vir inwoners te beding.”

Die VF Plus het gesê dat die party die oordrag van titelaktes aan die inwoners van Wolmer sal monitor. Die party is ook besig met samesprekings om die oordrag van eienaarskap van munisipale huurhuise elders in die stad te fasiliteer.

паркет восстановление циклевкаалександр лобановский харьков

Zuma se dogter hou ‘Arabiese’ partytjie

Duduzile Zuma, dogter van Jacob Zuma, het Dinsdagaand haar 27ste verjaardag in styl gevier met ’n partytjie van sowat R400 000, berig Beeld.
 
Volgens me. Farah Fortune, organiseerder van die feestelikheid by die Inanda Club in Sandton, het Duduzile sowat 600 van haar naaste vriende genooi. Die leier van die ANC-jeugliga, mnr. Julius Malema, was ook onder die gaste.

Pres. Zuma was nie by die geleentheid met 'n Arabiese tema nie. Die gaste het glo Arabiese tunieks as geskenke ontvang.

автомойка купитьалександр лобановский харьков класс

Strategiese Duits-Russiese kernvennootskap

Image'n Duits-Russiese strategiese energievennootskap gaan die oprigting van 26 nuwe kernreaktors teen 2030 in Rusland moontlik maak. Die Duitse industriële reus Siemens is betrokke by die ooreenkoms, nadat Rusland en Frankryk se kernsamewerking aan 'n einde gekom het.

Rusland bekou kernkrag deesdae weer as 'n lewensvatbare opsie nadat die land 20 jaar lank onder die gevolge, psigies en ander, van Tsjernobil moes ly. Benewens die 26 nuwe reaktors in beplanning, wil die Russe ook 20 reaktors elders bou.

Russiese kerningenieurs is tans in Indië en Bulgarye waar hulle turbines en reaktordoppe oprig en daar is planne om dieselfde in China, die Midde-Ooste, Suidoos-Asië en Noord-Afrika te doen. Rusland beplan eweneens 'n reeks drywende kragsentrales wat seewater kan ontsout in verafgeleë plekke om die aardbol.

Die Russiese maatskappy Rosatom sal saamwerk met Siemens. Die voorsitter, Sergei Kiriyenko, een van Boris Jeltsin se staatmakers, het $4.6 miljard tot sy beskikking vir die oprigting van nuwe kernkragsentrales. Daar word beplan om ongeveer $47 miljard te investeer en die Russiese regring sal 40% bydrae.

Vladimir Poetin het aangekondig dat 25 tot 30% van Rusland se energie deur kernkrag voorsien sal word binne 20 jaar. Siemens en Rosatom glo daar sal 'n aanvraag vir ongeveer 400 reaktors wees teen 2030 wêreldwyd.

Die Russe hoop om deur Siemens die Latyns-Amerikaanse mark, 'n tradisionele Siemensmark, ook te betree. Rusland beskik oor meer as 40% van die wêreld se uraanverrykingskapasiteit.

Ingenieurs is tot dusver beïndruk met die tegnologie wat in die nuwe projekte aangewend sal word en beskryf dit selfs as uitstekend.

для автосервисалобановский александр жена

Parlementslede ontruim na bomdreigement

Sowat 100 nuutverkose parlementslede is inderhaas ontruim uit hulle hotel in Kaapstad nadat 'n bomdreigement vanoggend ontvang is, het die SAUK berig.

"Daar was 'n oproep wat ontvang is [by die hotel] teen 6:10vm wat gevra het dat hulle ontruim," het kaptein Bernadine Steyn gesê.

Sy sê hulle het die hotel, die Holiday Inn Express in Kerkstraat, ontruim en as 'n "voorkomende maatreël" polisiehonde ingestuur.

"Niks is gevind nie," het Steyn gesê.

'n Diensbestuurder van die Holiday Inn, wat nie haar naam wou gee nie, het ontken dat daar 'n bomdreigement was.

Sy sê die brandalarm het om 6:00vm afgegaan wat gaste wakker gemaak het.

"Soos jy weet, kan die ding enige tyd gebeur," het sy gesê.

промышленный светильник ценапрокурор Фильчаков