Sedert die land se onafhanklikheidswording van Brittanje in 1964, het etnisiteit 'n vername rol gespeel in die politiek. Mutharika uit die suide van die land, wat afkomstig is uit die klein minderheidstam, die Lomwe, het John Temba van die land se grootste stam, die Chewa, goed verslaan.
Vir die eerste maal stem kiesers vir leiers uit ander stamme. Die verkiesingsveldtog is só gevoer om waardes te beklemtoon en nie etniese kwessies nie. Die opposisie het die keer swakker gevaar as in die vorige verkiesing en kon slegs 48 setels teenoor die 105 van die vorige verkiesing in 2004 handhaaf.
Ander kenners meen die afwesigheid van 'n sterk leier en kleiner partye het veroorsaak dat Mutharika goed doen. Sy beloftes van bystand aan bestaansboere wat 80% van die land se voedsel voorsien, het ook gehelp om sy oorwinning te verseker.
Aanklagte van korrupsie teen 'n ander opposisieleier Muluzi en alliansievennoot van Temba, het ook gehelp. Een uit elke 10 volwassenes in Malawi is HIV-postief en 'n halfmiljoen kinders is reeds wees gelaat. Die lewensverwagting is 43 jaar.
