Duduzile Zuma, dogter van Jacob Zuma, het Dinsdagaand haar 27ste verjaardag in styl gevier met ’n partytjie van sowat R400 000, berig Beeld.
Volgens me. Farah Fortune, organiseerder van die feestelikheid by die Inanda Club in Sandton, het Duduzile sowat 600 van haar naaste vriende genooi. Die leier van die ANC-jeugliga, mnr. Julius Malema, was ook onder die gaste.
Pres. Zuma was nie by die geleentheid met 'n Arabiese tema nie. Die gaste het glo Arabiese tunieks as geskenke ontvang.
