Ontevrede werker brand baas se huis af

'n Ontevrede werker is Vrydag inhegtenis geneem nadat hy sy werkgewer se huis in Hydepark in Johannesburg afgebrand het.

Die hele huis het afgebrand, het inspekteur Moses Maphakela gesê.

Die man was glo ontsteld toe hy verneem dat die taak waarvoor hy aangestel is, afgehandel is en dat sy dienste nie langer meer nodig sal wees nie. Die 24-jarige man het daarna die huis in Vierdestraat wat aan sy werkgewer behoort het en wat hy vir sy werkers gehuur het, aan die brand gesteek.

Daar was 8 werkers in die huis ten tye van die brand wat rondom 1 uur die middag begin is.

Die brandstigter het aan die ander werkers gesê hy is so kwaad dat hy die huis aan die brand gaan steek Maphakela sê hulle het gedink hy is nie ernstig nie.

Die inwoners van die huis het almal ongedeerd met hulle besittings ontsnap. Brandweermanne het die vuur vir vier ure lank probeer blus voordat dit onder beheer gebring is. Die skade beloop na raming ongeveer R500 000.

Die man sal Maandag in die Wynbergse Landdroshof verskyn.

для автомобильногоОлександр Фільчаков прокурор

‘n Hou in die maag?

Die VN se antwoord op die jongste kerntoets wat Noord-Korea onderneem het, is 'n hou in die maag. Letterlik, want die VN beplan om luukse goedere wat duur drank en voedsel insluit van die Noord-Koreane te weerhou met die nuutste sanksievoorstelle.

Die Veiligheidsraad se gedagte om Kim Jong-Il, wat glo 'n lekkerbek is, se gunstelinggeregte soos kaviaar en perperduur cognac af te sny sodat hy sy land se kernprogram sal laat vaar, is met skeptisime begroet.

Sedert die leier, wat ook bekend staan as "Dierbare Leier", egter met sy gesondheid sukkel, meen kenners dat dit nie veel indruk op hom sal maak nie omdat hy sy dieët aangepas het en deesdae gorttee verkies.

Hennessy, die bekende drankmaatskappy, het 'n paar jaar gelede gesê Noord-Korea is een van sy grootste kliënte en spandeer ongeveer $700 000 per jaar aan Paradis-cognac. Die aankope 'n glo 'n goeie barometer van politieke stabiliteit in die land aangesien Kim meer aankoop as sy binnekring onrustig begin raak.

'n Verbod op luukse goedere sal egter ook maklik omseil kan word omdat die grens tussen Noord-Korea en China nie goed bewaak is nie.

Noord-Koreaanse restaurante in suidoos-Asië, wat vermoedelik gebruik was om geld te was en luukse aankope te doen, het almal onlangs toegemaak.

фонари круглыелобановский харьков

Betoging teen Swaziland in Johannesburg

Image

Koning Mswati III van Swaziland

Sogenaamde "pro-demokratiese groepe" sal vandag 'n betoging buite die konsulaat van Swaziland in Johannesburg hou wat beswaar teen die inhegtenisname van 'n menseregte-advokaat maak.

"Advokaat Maseko het vele kamarade in hul regsgedinge teen die regime verteenwoordig, waaronder die geslaagde saak deur oudmynwerkers waarin die hof ten gunste van gratis onderwys bevind het," het die Suid-Afrikaanse skakelkantoor in 'n verklaring gesê.

"'n Betoging sal voor die Swazilandse konsulaat in die Johanneburgse middestad op Vrydag 5 Junie gehou word om die vrylating van advokaat Thulani Maseko te eis."

Maseko is op klagte van sedisie en ondermynende bedrywighede in hegtenis geneem, het Agence France Press Donderdag berig.

Die betoging word deur die SA skakelkantoor, die Oopgemeenskapsinstituut van Suider-Afrika, Swazilandsolidariteitsnetwerk en die SA Kommunisteparty georganiseer.

Maseko verteenwoordig die Swazi-oppososisieleier Mario Masuku, van die verbode Verenigde Demokratiese Beweging van die Mense, wat verlede jaar in die tronk gesit is.

Politieke partye is verbode in Afrika se laaste absolute monargie en koning Mswati III het die mag om die eerste minister, die wetgewende vergadering en die regbank aan te stel.

платье для девочки 1 годАлександр Фильчаков

Oudste inwoner oorlede

Moloko Temo van Limpopo wat moontlik een van die oudste mense ter wêreld was, is eergister, slegs ’n maand voor haar 135ste verjaardag, oorlede.

Temo is op 4 Julie 1874 gebore.

Cassel Mathale, Limpopo se premier, het gesê een van die trotste oomblikke wat oor Temo onthou sal word, is toe sy haar nie deur haar jare laat onderkry het nie en vanjaar op 22 April in die algemene verkiesing gestem het. 

Mathale het met Temo se familie gesimpatiseer. 

Guinness World Records het haar ouderdom nooit erken nie. 

Sy is volgens haar identiteitsboek, wat in 1988 uitgereik is, in 1874 gebore. 

Temo, wat van die Bochum-gebied was, was 56 jaar lank in ’n rolstoel en was blind. 

воронеж балансировочноеОлександр Фільчаков прокурор

Australi? klap Chinese hand weg

Die Chinese regering se grootste investering in 'n Westerse maatskappy, 'n aanbod van $19,5 miljard vir 'n aandeel in die Brits-Australiese mynreus Rio Tinto, het Vrydag ineengestort.en daarmee 'n einde gebring aan China se ambisies om groter inspraak in die ontginning van die wêreld se natuurlike grondstowwe te verkry.

Die raad van Rio Tinto het Donderdag na 'n vergadering in Londen op die stap besluit om nie aandele aan Chinalco, China se staatsbeheerde aluminiummaatskappy, te verkoop nie.

Hulle het Vrydag in 'n verklaring bekend gemaak dat hulle eerder met 'n mededinger, die wêreld se grootste Australiese mynkrag BHP Billiton, wil saamwerk.

Australië het diep beswaar gemaak teen die ooreenkoms met China omdat die land se minerale rykdom bydra tot sy voorspoed en Chinese teenwoordigheid word deur talle beskou as 'n bedreiging vir Australië.

Chinalco se voorsitter het Vrydag gesê hulle is baie teleurgesteld dat die ooreenkoms platgeval het.

Rio Tinto het in 'n verklaring gesê dat hulle $5,8 miljard sal verkry deur 'n samerwerkingsooreenkoms met BHP Billiton en dat hulle 'n verdere $15,2 miljard bykomend sal bekom deur 'n aandeeluitgif.

Die ineenstorting van die ooreenkoms word beskou as die gevolg van nasionalistiese oorwegings. 'n Soortgelyke ooreenkoms het deur die mat geval nadat die Amerikaanse oliemaatskappy Unocal geweier het om 'n aandeel aan China te verkoop omdat hulle olie as 'n strategiese bate beskou en bekommerd begin raak het oor China se menseregterekord.

Rio Tinto en Chinalco het tot onlangs die ooreenkoms wat China die grootste aandeelhouer in Rio sou maak, verdedig. Die ooreenkoms sou aan China toegang verleen het tot 'n hele aantal myne regoor die wêreld, in verskeie lande.

In ruil sou Rio 'n dringende kontantinspuiting kon verkry om hulle skuld van $39 miljard wat deur 'n oordeelsfout met die aankoop van die Kanadese Alcan in 2007 aangegaan is, deels te vereffen. Die chinese ooreenkoms is tydens die ineenstorting van kommoditeitspryse en aandelemarkte verlede jaar aangegaan.

Rio Tinto se aandeelprys was toe $26.31 in Londen. Donderdag het dit verhandel teen $44.56.

Australiese opposisielede het eerste minister Kevin Rudd, wat Mandaryns praat en 'n eertydse diplomaat in Beijing was, daarvan beskuldig dat hy te vriendelik met die Chinese is.

'n Advertensie wat dië week in Australië vertoon is, het Tianmenpleinbeeldmateriaal van 1989 uitgesaai en Rudd daarvan beskuldig dat hy "geskenke aan die Chinese militêre regime aandra omdat hy toelaat dat Australië se strategiese minerale grondstowwe deur China beheer word".

Rio het aangebied om aan Chinalco 'n fooi van $195 miljoen te betaal as afskeidsbedrag. Die Australiese mynreus se beweegruimte het ook verbeter aangesien die kommoditeitspryse die afgelope paar weke effens verbeter het.

China het die reaksie teen beheer oor die mynreus beskryf as proteksionisties en nasionalisties.

интернет магазины игрушек украинаФильчаков Александр Васильевич

Zambi? herstel elektrisiteit n? onkruidprobleem

Image

Werkers by die Kafue Gorge-kragstasie in Zambi?

Die Zambiese elekrisiteitsverskaffer ZESCO het kragopwekking by sy hoofkragsentrale hetstel en elekrisiteitsinvoer vanuit Suid-Afrika en Namibië ná landwye kragonderbrekings beëindig, het die maatskappy Donderdag verklaar.

"Ons het opgehou om krag in te voer nadat kragvoorsiening vanaf die Kafue Gorge-kragsentrale gestabiliseer is," het ZESCO se waarnemende direkteur vir kragopwekking en transmissie, Christopher Ntala, aan 'n nuuskonferensie gesê.

Die maatskappy het oor die afgelope drie dae elektrisiteit teen 'n koste van 260 000 dollar per dag ingevoer.

Zambië het sedert Saterdag landwye kragonderbrekings nadat twee van die ses kragopwekkers by die Kafue Gorge-hidrokragstasie afgesit is omdat dooie onkruid die eenheid se watertoevoer verstop het, wat 'n verminderde toevloei van water veroorsaak het.

ZESCO het aangekondig dat hy sy kragopwekking na 710 megawatt van 400 megawatt verhoog het en voortaan sal poog om toekomstige kragonderbrekings te verminder.

регулируемые светильники с концентрирующей оптикойлобановский депутат

Obama reik na gematigde Moslems uit

Image

Barack Obama in Egipte

Barack Obama het Donderdag ’n pleidooi gelewer dat die Palestyne se daaglikse vernederinge, klein en groot, wat hulle vanweë Israelse besetting ervaar, beëindig moet word. Sy hardste woorde het hy aan Israel gerig en twee keer na "Palestina" verwys op 'n manier wat dit as 'n onafhanklike entiteit teenoor Israel stel.

Obama het op die kampus van die Universiteit van Kaïro in Egipte gepraat en gevra vir ’n nuwe begin in betrekkinge tussen Amerika en die Moslemwêreld. Hy het Amerika se historiese verhouding met Israel uitgelig en gesê die band tussen sy land en Israel is "onbreekbaar".

“Ek het hierheen gekom om ’n nuwe begin te soek tussen Amerika en Moslems die wêreld oor, wat berus op wedersydse belange en wedersydse respek," het hy gesê.

Die Amerikaanse president se toespraak het 55 minute geduur en hy het herhaaldelik uit die Koran aangehaal en ook Arabies tussendeur gepraat. Daar was ook verwysings na die Bybel en die Torah. Obama het die verskille wat onder Moslems heers, beklemtoon deur na die onverdraagsaamheid tusssen Soennies en Sjiïete te verwys.

Hy het voorts gesê: “Amerika en Islam is nie eksklusief nie en hoef nie te kompeteer nie. Ons deel gemeenskaplike beginsels van geregtigheid en vordering, verdraagsaamheid en waardigheid vir alle mense.”

Obama het gepraat oor die nalatenskap van die 9/11-aanvalle en die gevaar wat ekstremisme in al sy vorme inhou, maar het nooit die woorde "terreur" of "terroris" gebruik nie. Hy het ook op vroueregte, godsdiensvryheid en demokrasie gewys wat duidelik gemik was op die meer verdraagsame Moslems en het daardeur 'n wig probeer dryf tussen gematigdes en fundementaliste.

“Ons dogters kan net soveel bydra tot die samelewing as ons seuns . . . Ek respekteer vroue wat kies om hulle lewe in tradisionele rolle te lei. Maar dit moet hul keuse wees.”

Oor godsdiensvryheid het Obama gesê: “Onder sommige Moslems is daar ’n verontrustende neiging om ’n mens se geloof te meet aan die verwerping van ander (gelowe). Die rykheid van godsdienstige verskeidenheid moet in stand gehou word.”

Die president van die VSA het slegs na die militante Hamas, wat in Gasa die verkiesing van 2006 gewen het, in sy rede verwys en nie na Fatah, die party wat deur die Palestynse president Magmoed Abbas gelei word nie. Hamas is 'n gehate organisasie in Israel.

Joodse groepe het die vergelyking wat tussen die Palestyne se stryd en die Brandoffer gemaak is, skerp gekritiseer en gesê dit kan nie vergelyk word nie.

Alhoewel sy toespraak al die uitdagings belig het, het die Amerikaanse president geen besonderhede gegee van hoe die wêreld se probleme opgelos behoort te word nie, en het slegs sy eie biografie aangebied as geloofwaardige skakel tussen onderskeie botsende kulture.

Obama besoek vandag Buchenwald in Duitsland, waar Jode in die Tweede Wêreldoorlog gemartel en vermoor is. Hy het gepleit vir ’n kernwapenvrye wêreld, maar gesê Iran het die reg om kernkrag vir vreedsame doeleindes te ontwikkel.

'n Hisbollalid in Libanon, mnr. Hassan Fadlallah, het gesê: “Die Islamitiese wêreld het nie morele of politieke preke nodig nie. Dit het ’n fundamentele verandering in VSA-beleid nodig.”

Die Europese Unie se buitelandse beleidshoof, mnr. Javier Solana, het gesê dit was ’n merkwaardige toespraak wat ’n nuwe hoofstuk in betrekkinge met die Arabiese Moslemwêreld inlui.

slots to play onlineФильчаков прокуратура харьков

Franse melkboere in opstand

ImageFranse melkboere het Donderdag 15 000 liter melk voor die stadsaal van Puy-de-Dôme in Clermont-Ferrand uitgestort. Die melk is in drie tenkvragte aangery en op die sypaadjie uitgegiet om protes aan te teken teen die melkprys ten spyte van 'n ooreenkoms wat ure tevore in Parys onderteken is.

Honderde melkboer uit Pontaumur (Puy-de-Dôme) in vragmotors en op trekkers het met groot lawaai al toetende deur die strate van Clermont-Ferrand aangery gekom.

Hooibale is ook voor die stadsaal uitgepak en die trappe wat oplei na die gebou is met melk bespuit. "Ons het die melk wat nie deur die Lactalisfabriek in Riom-ès-Montagne (Cantal) kom haal is nie, uitgestort," het die landbouverteenwoordiger van die streek gesê.

Melkboere in Cantal blokkeer sedert Maandag die melkfabriek om hoër pryse te eis vir middelbergstreke. Om daardie rede is die melk nie afgehaal nie. Melkboere wat die afgelope maande al betoog oor die lae pryse, is woedend, sê melkprodusenteverteenwoordigers.

Woensdagaand is 'n ooreenkoms tussen die Franse departement van landbou en verteenwoordigers van melkboere in Parys bereik toe die melkprys op 280 euro per 1 000 liter gemiddeld vasgestel is vir 2009.

"Die ooreenkoms is aanvaarbaar vir boere in die weste van Frankryk, maar die Puy-de-Dôme het ander produksieprobleme soos die weersomstandighede en geografiese ligging," het 'n produsent gesê. "Ons is besig om dood te gaan, met 280 euro. Ons produksiekostes word nie verhaal nie."

баняОлександр Фільчаков прокурор

Sannieshoffers wen teen ANC-munisipaliteit in hof

Die Tswaing-munisipaliteit se aansoek om 'n verstekvonnis teen 'n aktivis op Sannieshof wat sy belastings in 'n trustfonds inbetaal is gister in die landdroshof op Delareyville van die hand gewys.

'n Ondersteuner van die munisipaliteit wat blykbaar gekant is teen pogings van inwoners om die dorp se rioolstelsel reg te ruk, mnr. Hennie Breytenbach, was so onstoke dat hy uit die hofgebou gestorm het.

Mev. Carin Visser, die voorsitter van die Sannieshof-inwoners-en-belastingbetalersunie (Sibu) het gesê dat dat dié organisasie die watersuiweringsaanleg moes regruk omdat die "die algehele verwaarlosing, jare se verwering en die algehele afwesigheid van bestuur duidelik waarneembaar is.”

Rioolvullis is volgens Sibu die afgelope vyf jaar al hoe minder met tenkwaens uit inwoners en sakeondernemings se septiese tenks verwyder.

Dit het glo ’n situasie laat ontstaan waar werkers slegs rioolvullis verwyder het as hulle omkoopgeld of drank in ruil daarvoor ontvang het.

Sommige septiese tenks het gevolglik lang rukke oorgeloop. Sibu het daarom begin om ontbrekende en stukkende toerusting by die watersuiweringsaanleg te vervang met geld wat inwoners van die munisipaliteit teruggehou het.

Sibu het ’n rioolpomp van R45 000 vir die wegpomp van slik aangekoop. Nog R20 000 is aangewend om ’n stukkende rioolpomp in die Agisanang-woonbuurt te laat versien en verslete onderdele te vervang.

Die Tswaing-munisipaliteit verdedig tans sy regte om inwoners van die rioolplaas weg te hou en vir sy reg om die dorp en die omgewing met riool te mag besoedel. Daarom het die munisipaliteit ook 'n klag van betreding teen mev. Carin Visser ingestel. Omdat sy die rioolpomp vervang het, is 'n saak van kwaadwillige saakbeskadiging teen haar geopen. Hierdie klagte teen haar en 'n ander lid van Sibu, mnr. Manie Schutte, is egter intussen deur die hof as ontoelaatbaar verklaar.

Intussen is die inwonersvereniging egter besig om die Hooggeregshof te nader met 'n aansoek om die Tswaing-munisipaliteit te dwing om met Sibu saam te werk ten einde die rioolprobleme op die dorp op te los. Dié aansoek sal heelwaarskynlik op 15 Junie in Pretoria aangehoor word.

Sibu, asook die Nasionale belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het 'n beroep op die publiek gedoen om die verhoor op 15 Junie by te woon en solidariteit met die inwoners van Sannieshof te betoon wat dapper vir hul reg op skoon water en 'n skoon omgewing veg téén die munisipaliteit wat op sy besoedelingsreg aandring.

Soortgelyke inwonersverenigings het op ander dorpe dispute weens swak dienslewering en besoedeling teen plaaslike munisipaliteite ingedien en is insgelyks besig om plaaslike belastings terug te hou deur gelde in trusts in te betaal. Ook in Pretoria is die Pretoriase belastingbetalersunie besig om dieselfde strategie te volg.

Die finanies van plattelandse munisipaliteite word hoofsaaklike aangewend om die salarisse van ANC-amptenare te betaal en om kongresse in hotelle, duur oorsese reise en partyfeeste te betaal terwyl min of geen geld aan die onderhoud van noodsaaklike toerusting bestee word nie.

Die sentrale regering betaal ook jaarliks reusebedrae aan plattelandse munisipaliteite oor om hierdie amptenary se groot salarisse en stralerjakkerlewenstyl te subsidieer. Volgens mnr. Jaap Kelder van die NBU heers daar 'n nasionale krisis sover dit die land se 260 munisipaliteite betref; vandaar die noodsaak vir inwoners om drasties op te tree en beheer oor plaaslike dienste soos riolering te neem wat nie meer deur munisipaliteite verseker word nie.

декоративные камины в квартиреФільчаков прокурор

Diesel beland in Steelpoortrivier

Die Steelpoortrivier in Limpopo is besoedel ná ’n chemiese storting, het die Groter Sekhukhune-distriksmunisipaliteit gister gesê.

Dit volg op ’n ongeluk eergisteraand waarin ’n vragmotor (wat sowat 20 kiloliter diesel vervoer het) ’n chemiese stoortenk op die De Hoop-dam se konstruksieterrein getref het, het mnr. Willy Mosuma, munisipale woordvoerder, gesê.

“Ons waarsku mense wat in die dorpies naby die rivier bly om nie die water te gebruik nie omdat ons nie weet hoe giftig die chemikalieë is nie.”

Mosuma het gesê Ga-Mapodile, wat water direk uit die rivier kry sonder dat dit deur ’n suiweringsproses gaan, word die ergste geraak.

Dié rivier loop ook deur Ga-Mampuru, Ga-Malekane en Driekop na die Lepellerivier.

Volgens Mosuma het die munisipaliteit monsters geneem en sal die uitslae vandag bekend wees.

Watertenkwaens is ook intussen na GaMapodile gestuur. Nog vier watertenkwaens gaan vandag daarheen.
 

how to make a game for free no downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор