Die hele huis het afgebrand, het inspekteur Moses Maphakela gesê.
Die man was glo ontsteld toe hy verneem dat die taak waarvoor hy aangestel is, afgehandel is en dat sy dienste nie langer meer nodig sal wees nie. Die 24-jarige man het daarna die huis in Vierdestraat wat aan sy werkgewer behoort het en wat hy vir sy werkers gehuur het, aan die brand gesteek.
Daar was 8 werkers in die huis ten tye van die brand wat rondom 1 uur die middag begin is.
Die brandstigter het aan die ander werkers gesê hy is so kwaad dat hy die huis aan die brand gaan steek Maphakela sê hulle het gedink hy is nie ernstig nie.
Die inwoners van die huis het almal ongedeerd met hulle besittings ontsnap. Brandweermanne het die vuur vir vier ure lank probeer blus voordat dit onder beheer gebring is. Die skade beloop na raming ongeveer R500 000.
Die man sal Maandag in die Wynbergse Landdroshof verskyn.
