Diesel beland in Steelpoortrivier

Die Steelpoortrivier in Limpopo is besoedel ná ’n chemiese storting, het die Groter Sekhukhune-distriksmunisipaliteit gister gesê.

Dit volg op ’n ongeluk eergisteraand waarin ’n vragmotor (wat sowat 20 kiloliter diesel vervoer het) ’n chemiese stoortenk op die De Hoop-dam se konstruksieterrein getref het, het mnr. Willy Mosuma, munisipale woordvoerder, gesê.

“Ons waarsku mense wat in die dorpies naby die rivier bly om nie die water te gebruik nie omdat ons nie weet hoe giftig die chemikalieë is nie.”

Mosuma het gesê Ga-Mapodile, wat water direk uit die rivier kry sonder dat dit deur ’n suiweringsproses gaan, word die ergste geraak.

Dié rivier loop ook deur Ga-Mampuru, Ga-Malekane en Driekop na die Lepellerivier.

Volgens Mosuma het die munisipaliteit monsters geneem en sal die uitslae vandag bekend wees.

Watertenkwaens is ook intussen na GaMapodile gestuur. Nog vier watertenkwaens gaan vandag daarheen.
 

how to make a game for free no downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae