Zuma klap sweep met staatsrede

ImagePresident Jacob Zuma het Woensdag in sy eerste staatsrede 'n aantal kernkwessies uitgelig.

Afrika se grootste ekonomie verkeer tans in 'n resessie nadat die aanvraag vir grondstowwe en vervaardigde goedere sterk afgeneem het. Zuma het belowe om 500 000 nuwe werkgeleenthede midde die resessie te skep en gesê afleggings kan vermy word.

“Ons vyfjaarplan word in werking gestel teen die agtergrond van ’n ekonomiese afswaai. Ons sal versigtig moet wees – geen mors van geld of ongebruikte begrotings nie; elke sent moet wys bestee word. Ons moet binne ons vermoëns leef.”

Oor armoede het hy gesê miljoene swart inwoners is steeds sonder die basiese dienste. Die regering beoog om armoede te halveer teen 2014. Werkskepping gaan die fokus wees van die ANC se ekonomiese beleid.

Die president beplan ook om met skoolhoofde te vergader om die regering se visie van die herlewing van die onderwysstelsel aan hulle oor te dra.

“Sommige goed is ononderhandelbaar. Onderwysers moet betyds by die skool wees, klasgee en kinders nie mishandel nie. Kinders moet in die klas wees, leer, hul onderwysers en mekaar respekteer en hul huiswerk doen,” het hy gesê. Hy is ook baie bekommerd oor berigte dat onderwysers kinders seksueel mishandel. Die regering sal ernstig optree teen onderwysers wat hul mag so misbruik.

Om seker te maak kabinetslede is doeltreffend en verantwoordbaar wat dienslewering betref, gaan spesifieke teikens gestel word. Dié stelsel, bedryf deur die nuwe monitering- en evalueringseenheid in die presidensie, tree reeds in Julie in werking.

Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste misdaadkoerse. Daar is 18 487 moorde en 36 190 verkragtings tussen 2007 en 2008 aangemeld. Die polisie is tans onder geweldige druk om die strate te beveilig voor die 2010 Sokkertoernooi.

Zuma het die publiek aangemoedig om 'n rol te speel in die voorkoming van misdaad. Hy het gesê burgers moet aktief aan gemeenskapspolisiëring deelneem, ophou om gesteelde goedere te koop en misdaad aanmeld.

Wat MIV/Vigs betref sal die regering hom ten doel stel om die aantal nuwe infeksies drasties te bekamp.

Die ANC wil ook grondhervorming laat versnel, maar Zuma het gesê hulle sal nie grond beset wat aan wit boere behoort soos in Zimbabwe nie.

"Ons sal 'n omvattende landelike ontwikkelingstrategie ontwikkel en implementeer wat sal verband hou met grond- en landbouhervorming en voedselsekuriteit," het die president gesê.

Die ANC se alliansievennote het die rede entoesiasties verwelkom. Die SAKP het gesê dit is “helder”, terwyl Cosatu dit as “potensieel revolusionêr” en “briljant” beskryf het. Die DA het egter gesê dit is “vaag”, “onvoldoende” en “wensdenkery”.

Athol Trollip, DA-parlementsleier, het gesê Zuma se staatsrede “dui op ’n ideologiese skuif na ’n sosialistiese agenda”.

Zuma het Suid-Afrika as ’n ontwikkelingstaat beskryf. Dit sal groter beheer oor die ekonomie, die instelling van ’n nasionale gesondheidsversekeringskema en die gebruik van die welsynstelsel om armoede te verlig, meebring.

no depositФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae