Betoging teen Swaziland in Johannesburg

Image

Koning Mswati III van Swaziland

Sogenaamde "pro-demokratiese groepe" sal vandag 'n betoging buite die konsulaat van Swaziland in Johannesburg hou wat beswaar teen die inhegtenisname van 'n menseregte-advokaat maak.

"Advokaat Maseko het vele kamarade in hul regsgedinge teen die regime verteenwoordig, waaronder die geslaagde saak deur oudmynwerkers waarin die hof ten gunste van gratis onderwys bevind het," het die Suid-Afrikaanse skakelkantoor in 'n verklaring gesê.

"'n Betoging sal voor die Swazilandse konsulaat in die Johanneburgse middestad op Vrydag 5 Junie gehou word om die vrylating van advokaat Thulani Maseko te eis."

Maseko is op klagte van sedisie en ondermynende bedrywighede in hegtenis geneem, het Agence France Press Donderdag berig.

Die betoging word deur die SA skakelkantoor, die Oopgemeenskapsinstituut van Suider-Afrika, Swazilandsolidariteitsnetwerk en die SA Kommunisteparty georganiseer.

Maseko verteenwoordig die Swazi-oppososisieleier Mario Masuku, van die verbode Verenigde Demokratiese Beweging van die Mense, wat verlede jaar in die tronk gesit is.

Politieke partye is verbode in Afrika se laaste absolute monargie en koning Mswati III het die mag om die eerste minister, die wetgewende vergadering en die regbank aan te stel.

платье для девочки 1 годАлександр Фильчаков