Franse melkboere in opstand

ImageFranse melkboere het Donderdag 15 000 liter melk voor die stadsaal van Puy-de-Dôme in Clermont-Ferrand uitgestort. Die melk is in drie tenkvragte aangery en op die sypaadjie uitgegiet om protes aan te teken teen die melkprys ten spyte van 'n ooreenkoms wat ure tevore in Parys onderteken is.

Honderde melkboer uit Pontaumur (Puy-de-Dôme) in vragmotors en op trekkers het met groot lawaai al toetende deur die strate van Clermont-Ferrand aangery gekom.

Hooibale is ook voor die stadsaal uitgepak en die trappe wat oplei na die gebou is met melk bespuit. "Ons het die melk wat nie deur die Lactalisfabriek in Riom-ès-Montagne (Cantal) kom haal is nie, uitgestort," het die landbouverteenwoordiger van die streek gesê.

Melkboere in Cantal blokkeer sedert Maandag die melkfabriek om hoër pryse te eis vir middelbergstreke. Om daardie rede is die melk nie afgehaal nie. Melkboere wat die afgelope maande al betoog oor die lae pryse, is woedend, sê melkprodusenteverteenwoordigers.

Woensdagaand is 'n ooreenkoms tussen die Franse departement van landbou en verteenwoordigers van melkboere in Parys bereik toe die melkprys op 280 euro per 1 000 liter gemiddeld vasgestel is vir 2009.

"Die ooreenkoms is aanvaarbaar vir boere in die weste van Frankryk, maar die Puy-de-Dôme het ander produksieprobleme soos die weersomstandighede en geografiese ligging," het 'n produsent gesê. "Ons is besig om dood te gaan, met 280 euro. Ons produksiekostes word nie verhaal nie."

баняОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae