‘n Hou in die maag?

Die VN se antwoord op die jongste kerntoets wat Noord-Korea onderneem het, is 'n hou in die maag. Letterlik, want die VN beplan om luukse goedere wat duur drank en voedsel insluit van die Noord-Koreane te weerhou met die nuutste sanksievoorstelle.

Die Veiligheidsraad se gedagte om Kim Jong-Il, wat glo 'n lekkerbek is, se gunstelinggeregte soos kaviaar en perperduur cognac af te sny sodat hy sy land se kernprogram sal laat vaar, is met skeptisime begroet.

Sedert die leier, wat ook bekend staan as "Dierbare Leier", egter met sy gesondheid sukkel, meen kenners dat dit nie veel indruk op hom sal maak nie omdat hy sy dieët aangepas het en deesdae gorttee verkies.

Hennessy, die bekende drankmaatskappy, het 'n paar jaar gelede gesê Noord-Korea is een van sy grootste kliënte en spandeer ongeveer $700 000 per jaar aan Paradis-cognac. Die aankope 'n glo 'n goeie barometer van politieke stabiliteit in die land aangesien Kim meer aankoop as sy binnekring onrustig begin raak.

'n Verbod op luukse goedere sal egter ook maklik omseil kan word omdat die grens tussen Noord-Korea en China nie goed bewaak is nie.

Noord-Koreaanse restaurante in suidoos-Asië, wat vermoedelik gebruik was om geld te was en luukse aankope te doen, het almal onlangs toegemaak.

фонари круглыелобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae