Australi? klap Chinese hand weg

Die Chinese regering se grootste investering in 'n Westerse maatskappy, 'n aanbod van $19,5 miljard vir 'n aandeel in die Brits-Australiese mynreus Rio Tinto, het Vrydag ineengestort.en daarmee 'n einde gebring aan China se ambisies om groter inspraak in die ontginning van die wêreld se natuurlike grondstowwe te verkry.

Die raad van Rio Tinto het Donderdag na 'n vergadering in Londen op die stap besluit om nie aandele aan Chinalco, China se staatsbeheerde aluminiummaatskappy, te verkoop nie.

Hulle het Vrydag in 'n verklaring bekend gemaak dat hulle eerder met 'n mededinger, die wêreld se grootste Australiese mynkrag BHP Billiton, wil saamwerk.

Australië het diep beswaar gemaak teen die ooreenkoms met China omdat die land se minerale rykdom bydra tot sy voorspoed en Chinese teenwoordigheid word deur talle beskou as 'n bedreiging vir Australië.

Chinalco se voorsitter het Vrydag gesê hulle is baie teleurgesteld dat die ooreenkoms platgeval het.

Rio Tinto het in 'n verklaring gesê dat hulle $5,8 miljard sal verkry deur 'n samerwerkingsooreenkoms met BHP Billiton en dat hulle 'n verdere $15,2 miljard bykomend sal bekom deur 'n aandeeluitgif.

Die ineenstorting van die ooreenkoms word beskou as die gevolg van nasionalistiese oorwegings. 'n Soortgelyke ooreenkoms het deur die mat geval nadat die Amerikaanse oliemaatskappy Unocal geweier het om 'n aandeel aan China te verkoop omdat hulle olie as 'n strategiese bate beskou en bekommerd begin raak het oor China se menseregterekord.

Rio Tinto en Chinalco het tot onlangs die ooreenkoms wat China die grootste aandeelhouer in Rio sou maak, verdedig. Die ooreenkoms sou aan China toegang verleen het tot 'n hele aantal myne regoor die wêreld, in verskeie lande.

In ruil sou Rio 'n dringende kontantinspuiting kon verkry om hulle skuld van $39 miljard wat deur 'n oordeelsfout met die aankoop van die Kanadese Alcan in 2007 aangegaan is, deels te vereffen. Die chinese ooreenkoms is tydens die ineenstorting van kommoditeitspryse en aandelemarkte verlede jaar aangegaan.

Rio Tinto se aandeelprys was toe $26.31 in Londen. Donderdag het dit verhandel teen $44.56.

Australiese opposisielede het eerste minister Kevin Rudd, wat Mandaryns praat en 'n eertydse diplomaat in Beijing was, daarvan beskuldig dat hy te vriendelik met die Chinese is.

'n Advertensie wat dië week in Australië vertoon is, het Tianmenpleinbeeldmateriaal van 1989 uitgesaai en Rudd daarvan beskuldig dat hy "geskenke aan die Chinese militêre regime aandra omdat hy toelaat dat Australië se strategiese minerale grondstowwe deur China beheer word".

Rio het aangebied om aan Chinalco 'n fooi van $195 miljoen te betaal as afskeidsbedrag. Die Australiese mynreus se beweegruimte het ook verbeter aangesien die kommoditeitspryse die afgelope paar weke effens verbeter het.

China het die reaksie teen beheer oor die mynreus beskryf as proteksionisties en nasionalisties.

интернет магазины игрушек украинаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae