Gasa se drinkwater raak min

Image

Besoedelde water in Gasa

Die Wêreldbank sê daar is toenemende tekens van 'n erge openbare gesondheidskrisis in Gasa as gevolg van 'n tekort aan drinkwater en 'n toename in die ineenstorting van die rioolstelsel.

Die bank het Woensdag 'n verklaring uitgereik met data wat gebaseer is op dié van die plaaslike waterowerhede in Gasa.

Die bank het 'n beroep gedoen op Israel se regering om genoeg brandstof toe te laat in Gasa in om die nagenoeg 170 water- en rioolpompe in Gasa te laat werk. Die bank het ook gevra dat Israel so gou as moontlik die normale elektrisiteitstoevoer herstel om die afhanklikheid van brandstof vir kragopwekkers te verminder.

Verder het die bank gewaarsku teen 'n moontlike lekkasie in 'n riooldam in die noorde van Gasa wat kan oorstroom, soos dit al in die verlede gebeur het. Die bank het Israel versoek om onderhoudspanne toe te laat om die dam te kan gaan versterk.

ingo maurer купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Atta Mills gaan by Kufuor in Ghana oorneem

Image

Verkiesingsplakkaat van John Atta Mills

Uitgaande president John Kufuor, een van Afrika se mees gerespekteerde leiers, gaan Woensdag die leisels van Ghana aan John Atta Mills oorhandig, en so die tweede verkose leier word wat die leisels aan die opposisiepolitici moet oorhandig.

Ten spyte van spanning in die tweede rondte van die historiese presidentsverkiesing, lyk dit asof alles glad sal verloop vir die oorhandiging van mag op 7 Januarie, 'n maand ná die eersterondteverkiesings.

Ghana se groot oorhandiging was in 2000, toe die voormalige militêre leier, Jerry Rawlings, vreedsaam die leisels oorhandig het aan 'n langdurige opponent, die politikus John Kufuor.

Met die jongste oorhandiging van Kufuor aan Atta Mills, sal Ghana na verwagting nog 'n sterretjie by die Weste kry as 'n baie rare funksionerende demokrasie op 'n vasteland wat deur probleme gekenmerk word.

"Al die aanduidings is dat die oorgang baie glad sal verloop," het Emmanuel Bombande, die direkteur van die  Wes-Afrika-Netwerk vir die Bou van Vrede (WANBV) gesê ná hy die jongste toesprake van Kufuor en sy teenstaander Atta-Mills ondersoek het.

"Atta-Mills se toespraak was baie gemik daarop om vrede te maak en so ook dié van Akufo-Addo… Dit is 'n goeie aanduiding dat Ghana 'n skitterende voorbeeld van demokrasie in Afrika is en sal bly," het hy gesê.

online slots no deposit bonusАлександр Фильчаков

Israel steur hulle nie aan internasionale beeld ? Peres

Image

Shimon Peres

Die Israelse president, Shimon Peres, het Europese pogings om 'n einde aan die Gasa-konflik te bring, gestriem, en gesê Israel steur hom nie aan sy internasionale beeld nie, het sy kantoor gesê.

“Europa moet sy oë oopmaak. Ons is nie in die besigheid van openbare betrekkinge of om ons beeld te verbeter nie. Ons veg tans teen terreur en ons het die volle reg om ons burgers te verdedig,” het die Nobelpryswennerleier aan 'n EU ministeriële afvaardiging gesê.

Die EU se Kommissaris vir Eksterne Verhoudinge, Benita Ferraro-Waldner, het aan Peres gesê dat “Israel se beeld verwoes word” deur sy weiering om gehoor te gee aan internasionale oproepe vir 'n staakvuur, het die president se kantoor in 'n verklaring gesê.

Die EU-afvaardiging het die Franse president, Nicolas Sarkozy, nagevolg in 'n oproep aan Peres en ander Israelse leiers vir 'n skietstaking in die konflik waarin meer as 580 Palestyne omgekom het.

Peres het samesprekings gevoer met Ferraro-Waldner, die Tjeggiese minister van buitelandse sake, Karl Schwarzenberg, en die Sweedse buitelandse minister, Carl Bildt.

Hy sê “Israel veg tans 'n omvattende oorlog teen moorddadige terreur wat Iran se maaksel is".

“Nie een van die Europese lande sal vuurpylvuur op hulle burgers verdra nie, en hulle moet verstaan dat Hamas 'n terreurorganisasie van die ergste graad is en dat hulle hulle bevolking van vrouens en kinders as mensskilde gebruik.”

Ferraro-Waldner is aangehaal dat sy sê elke volk het die reg om homself te verdedig, maar dat Israel se optrede in Gasa buitensporig is.

“Ons het vergader met die hoofde van internasionale menslikheidorganisasies en afvaardigings en daar is aan ons vertel dat daar 'n ernstige probleem in Gasa is met die verspreiding van die afvaardiging se besendings,” het sy volgens die verklaring deur Peres se kantoor gesê.

“Ons het Israel toe gekom om 'n inisiatief vir 'n menslike skietstaking te bevorder en ek sê vir jou, mnr. die President, julle het 'n ernstige probleem met internasionale voorspraak en dat Israel se beeld vernietig word,” het die EU-amptenaar bygevoeg.

new free slotлобановский александр досье

Obama wys nuwe CIA-hoof aan

ImageLeon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.

Die pos was die laaste "groot" pos wat Obama moes vul. Obama het die agentskap se ondervragingsmetodes voorheen as marteling bestempel. Demokratiese amptenare het gesê dat Obama Panetta op grond van sy bestuursvaardighede, sy  besluite wat oor partygrense gestrek het asook buitelandse beleidsverklarings en begrotingsvaardighede wat hy onder Bill Clinton se bewind opgedoen het, gekies het vir die pos.

Die keuse van Panetta kom amper twee weke nadat Obama sy groot personeelskuiwe gemaak het. Dit kom voor asof dit die probleme reflekteer wat Obama gehad het om 'n kandidaat te vind wat beheer kan oorneem van die agentskap, maar nie verbind kan word aan die ondervragingsmetodes en aanhoudingsprogram wat deur die CIA bedryf is onder die bewind van president Bush nie.

Met die bekendmaking van die keuse, het Demokratiese amptenare gesê dat Panetta se bande met Obama die CIA 'n sterk stem binne die administrasie sal gee, veral in die burokratiese skuiwery van posisies in die Pentagon, wat 'n baie groter begroting en meer burokratiese sê het.

Dit is deur die senaat bevestig dat Panetta, 70, beheer sal oorneem van die agentskap wat direk verantwoordelik is om senior Al Kaida leiers regoor die wêreld te soek. Hy sal ook die oudste direkteur in die geskiedenis van die agentskap wees.

справки 086-улобановский александр игоревич

Israel se grondinval stoom voort

ImageIsrael het Dinsdag vir die vierde dag voortgegaan met sy grondoffensief in die Gaza strook, ten spyte van nuwe internasionale oproepe vir 'n skietstilstand in 'n konflik waarin meer as 540 Palestyne reeds dood is.

Drie Israeli soldate is dood en 24 beseer Maandag toe 'n Israeli tenk in 'n ongeluk geskiet het op 'n gebou in noordelike Gaza wat hulle oorgeneem het in gevegte met Islamitiese Hamas militante, het die Israelse weermag gesê.

Die "vriendelike vuur" insident het Israel se hoogste sterftesyfer meegebring in die 11 dae oue offensief teen Hamas.

8 Israeli's, insluitend 4 burgerlikes wat dood is in vuurpylaanvalle is dood in die konflik.

Israel het gesê hulle het dosyne militante reeds gedood terwyl die geveg voortkruip in die voorstede van Gaza stad. Palestynse beamptes het gesê meer as 30 burgerlikes is dood.

Israeli minister van verdediging, Ehud Barak het gesê die aanval kan moeiliker word vir die soldate. Hamas het belowe om in elke straat en stegie aan te hou om te veg, en het gedreig om nog vuurpyle op Israel af te vuur.

Franse president, Nocolas Sarkozy, op 'n vredesending in die Midde Ooste, en Amerika se president Bush, wat sy finale weke in die Withuis deurbring, het beide gevra vir 'n skietstilstand.

воздухаФільчаков Олександр Васильович

Franse Nuwejaar met brandende motors gevier

ImageTen minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.

Die verbrand van karre is iets wat gereeld in Frankryk gebeur, maar die opname van die totale vir Nuwejaarsaand het amper iets soos 'n tradisie geword sedert dit simboliese status bereik het in die gewelddadige oproer wat baie van die land se arm woongebiede geskud het in 2005.

'n Beampte van die ministerie van binnelandse sake het gesê dat vanaf 06:00 (0500 GMT) die brandstigting op 445 karre aangeteken is, teenoor 372 gedurende dieselfde tyd verlede jaar. Polisie het 288 arrestasies gemaak teenoor 259 op 31 Desember 2007.

Daar was 50 karre wat verbrand is in Strasbourg, waar polisie 17 arrestasies gemaak het, insluitend 4 mense wat karre aan die brand gesteek het.

In die suidelike stad Toulouse, is 12 karre uitgebrand in die buitewyke van die stad, terwyl in Nantes omtrent 10 karre aan die brand gesteek is, alhoewel die polisie gesê het dat Nuwejaarsaand "redelik kalm" was.

Die Franse pers berig dat die ministerie van binnelandse sake 'n finale bevestigde telling bekendgemaak het van 1147 voertuie wat in Frankryk oor Nuwejaar uitgebrand is. Die syfer is 30, 64% op van verlede jaar se totaal van 878. 

халатыалександр лобановский харьков

DRK-rebelleleier ontken leierskapsverandering

ImageEen van die Kongo se hoof rebelle militêre leiers het laat Maandag ontken dat Laurent Nkunda, die hoof van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) deur 'n ontevrede groep uit sy posisie verwyder is.

'n Groep NKVM offisiere het aan BBC Maandag gesê dat hulle Nkunda ontslaan het vanweë "swak leierskap", en bygevoeg dat die besluit Sondag gemaak is by 'n vergadering van die rebelle se militêre leierskap.

Kolonel Makinga Sultani, die nommer twee persoon in die militêre leierskap, het aan AFP gesê: "Laurent Nkunda is steeds die voorsitter van die NKVM. Daar was geen verandering van die leierskap van die beweging nie, die mag in die NKVM rus steeds by Nkunda," wat die leiers was van die Toetsie rebelle beweging sedert dit in 2006 begin is.

пескоструй купить ценаЛобановский

Hamas dreig met aanvalle op Israelse burgerlikes

Image

Hamasvegters

Gasa se Hamas-leier het Hamas-vegters aangespoor om die Israelse magte wat die gebied ingeval het, te "verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat daar groter pogings aangewend gaan word om Israelse burgers aan te val.

Die Hamas-leier, Mahmoud Zahar, het Maandag op Hamas se Al Aksa-TV gepraat. Dit was nie duidelik of dit 'n opname van 'n toespraak was nie. Hamas-leiers skuil sedert Israel se aanval op Hamas-militantes op 27 Desember begin het. Zahar word gesien as die meesterbrein agter Hamas se gewelddadige oorname van Gasa in Junie 2007.

Hy het die Hamas-vegters geloof en hulle aangespoor om "julle vyand te verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat die militante gaan probeer om meer Israelse burgerlikes en Israelse teikens elders aan te val. Hy sê Israeli’s "het die moord van hulle mense regoor die wêreld aanvaarbaar gemaak toe hulle ons mense doodgemaak het."

pro100casinoФильчаков прокурор

Afrika-immigrant word Rotterdam se burgemeester

Image

Rotterdam

'n Marokkaanse immigrant is ingehuldig as die burgemeester van Nederland se tweede grootste stad in 'n betekenisvolle stap vir die integrasie van minderhede in dié multikulturele land.

Ahmed Aboutaleb, wat dubbele Nederlands-Marokkaanse burgerskap het, is die eerste Marokkaans-gebore immigrant om as 'n Nederlandse burgemeester aangestel te word. Die 47-jarige voormalige verslaggewer het as adjunk-minister in die eerste minister, Jan Peter Balkenende, se regering bedank om die leisels in Rotterdam oor te neem. Die stad van 585 000 siele het die grootste persentasie immigrante van enige groot Nederlandse stad.

Voordat hy by die nasionale regering in 2007 aangesluit het, was Aboutaleb 'n raadsheer in Amsterdam waar hy immigrante aangepor het om te integreer of pad te gee.

оборудование для автосервисалобановский харьков

Sjina ‘bekommerd’ oor Israelse eskalering in Gasa

Image

Hoe Sjintao

Die Sjinese president, Hoe Sjintao het sy "kommer" uitgespreek oor die toenemendekonflik tussen Israel en die Palestyne, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap Maandag berig.

In 'n telefoongesprek met president George W. Bush Sondag, het Hoe "kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen die Palestyne en die Israeli's en die toenemende turbulensie in die Midde-Ooste," het die ministerie van buitelandse sake in 'n verklaring gesê.

Hoe het aan Israel se belangrikste bondgenoot gesê dat hy baie bekommerd is oor die humanitêre krisis in die Gasastrook.

Sjina het 'n beroep gedoen op alle betrokke partye "om die militêre aksie en gewapende konflikte te staak, om die spanning te laat afneem in die streek en toestande te skep vir 'n oplossing van die konflik deur politieke metodes," is hy Hoe aangehaal.

Bush het Hoe ingelig dat Amerika se minister van buitelandse sake, Gondoleezza Rice, 'n besoek aan Sjina gaan kanselleer om te fokus op die Gasa-krisis.

Rice het 'n besoek beplan om die vieringe van 30 jaar se diplomatieke bande tussen die twee lande by te woon.

'n Woordvoerder vir die ministerie van buitelandse sake, Qin Gang, het aangedui dat hulle die besluit heeltemal verstaan, het Xinhua gesê. 

игрушки на годикФильчаков прокурор харьков

Duisende Israelse troepe val Gasa binne

Image

Israelse soldate

Duisende Israelse soldate wat deur tenks en aanvalshelikopters ondersteun word, het Gasa se grootste stad omsingel en Sondag militante van naby aangeval in die eerste dag van 'n oorweldigende grondaanval in die kusstreek.

Israel het gesê dat hulle 'n harde slag geslaan het teen Hamas toe hulle die week lange veldtog uitgebrei het om vuurpylaanvalle op suidelike Israel te neutraliseer. Maar stygende burgerlike sterftes onder die Palestyne het internasionale teenkanting veroorsaak, selfs nadat Amerika 'n VN-veiligheidsraadsverklaring Saterdagaand, waarin daar vir 'n onmiddellik vir 'n skietstilstand gevra word, gekeer het.

Israels voetsoldate het Saterdag ná sononder inbeweeg ná ure se intensiewe artilleriewerk om die weg te baan, en Hamas het gewaarsku dat sy vegters Gasa in 'n Israelse begraafplaas sal verander.

Palestyne het Maandag vroeg gevegte in oostelike Gasa, naby die grens met Israel aangemeld. Hamas-militante het met vuurpylaangedrewe granate en mortiere op Israelse tenks geskiet. Ontploffings kon gehoor word in Gasastad soos wat vliegtuie geboue aangeval het.

Daar was geen onmiddellike nuus omtrent ongevalle nie.

луч прожектораДанильченко Юрий Брониславович

Sri Lanka: Troepe dring rebellehoofkwartier binne

Image

Tamiltier met wapen

Soldate van Sri Lanka het Vrydag vir die eerste keer in 'n dekade hulle pad oopgeveg tot in die Tamiltiere -ebelle se hoofstad ná maande se kwaai gevegte aan die buitewyke wat hordes mense dood gelaat het.

Soldate het die stad Kilinochchi van twee kante ingegaan, het militêre beamptes op voorwaarde van anonimiteit, soos deur die regering voorgeskryf, aan Associated Press gesê.

Hoe erg die gevegte in die stad is, is onbekend. Die weermag het Donderdag voorspel dat soldate die stad binne twee dae sou binneval.

Die val van Kilinochchi sal vernietigend wees vir die separatistiese Tamiltiere, wat die stad vir die laaste 10 jaar as hulle politieke en militêre hoofstad gebruik het. Hulle het reeds strukture vir 'n onafhanklike staat opgebou, soos polisie, howe en belastingkantore.

Onlangse militêre offensiewe deur regeringsmagte het die rebelle uit baie van hulle gebied in die noorde van die Indiese oseaaneiland geforseer.

President Mahinda Rajapaksa het belowe om die rebellegroep te vernietig en die 25 jaar lange burgeroorlog vanjaar te beëindig.

'n Ses jaar oue Noorweegs-onderhandelde skietstilstand is verlede jaar beëindig met beide partye wat openlik die ooreenkoms verbreek het.

Senior Srilankaanse  beamptes het herhaaldelik oor die laaste twee maande gesê dat Kilinochchi binnekort sal val, maar soldate het in die reën en weens sterk teenstand van rebelle vasgeval.

Die rebelle kon nie vir kommentaar in die hande gekry word nie. Maar die Tamiltiere se politieke leier, Balasingham Nadesan, het aan Associated Press gesê dat hulle as 'n guerillagroep begin veg het en steeds kan aanhou veg, selfs al het hulle baie van die gebied wat hulle in die noorde gehad het, verloor.

'n Militêre woordvoerder, brigadier Udaya Nanayakkara, het gesê dat 15 rebelle Donderdag dood is in die daglange geveg naby die rebelle se hoofkwartier, Mullaitivu. Dertien soldate is in die geveg gewond, het hy gesê.

Die rebelle het sedert 1983 geveg om 'n eie onafhanklike tuisland vir die Tamil-minderheidsgroep, te verkry wat dekades lank gemarginaliseer is deur regerings wat deur die meerderheid Sinhalese beheer word. Die konflik het al meer as 70 000 lewens geëis.   

online csinoОлександр Васильович Фільчаков

Kubaanse revolusie ‘sterker as ooit’ op 50

Image

Fidel Castro

President Raul Castro het Donderdag verklaar dat die Kubaanse rewolusie ná 50 jaar sterker as ooit tevore was, ten spyte van Amerika se wraakgierige en obsessiewe haat.

Ten spyte van die moeilike tye, het die rewolusionêre beweging skaars 'n millimeter van sy beginsels afgewyk, het die jonger Castro, broer van die rewolusionêre leier Fidel Castro gesê by die formele vieringe van die herdenking.

Die 77-jarige president het in Santiago de Cuba gepraat, die suidelike stad waar Fidel Castro vanuit die stadsaal die oorwinning oor die bewind van Fulgencoi Batista op 1 Januarie 1959 afgekondig het.

Castro, wat die uniform van 'n vierstergeneraal gedra het, het voor 3000 genooide gaste gepraat – 'n klein en afgeleë vergadering in vergelyking met die groot herdenkingsvieringe van die rewolusie wat in die verlede in Havana plaasgevind het.

Die enigste buitelandse gas van hoë rang was Venezuela se minister van buitelandse sake, Nicolas Maduro.

Fidel Castro, (82) het nog nie voor die Kubaanse publiek verskyn sedert hy in Julie 2006 siek geword het nie, toe hy die leierskap aan sy broer Raul oorhandig het. In Februarie 2008 is Raul formeel as president verkies.

Videobande van Castro wat met buitelandse leiers vergader, is wel deur die regering vrygestel.

Besonderhede van sy siekte is nie vrygestel nie. Die partykoerant, "Granma", het net 'n klein deeltjie van Castro se groete gepubliseer wat soos volg lui: "Kort voor die 50ste herdenking van oorwinning stuur ek goeie wense aan ons heroïese mense. Fidel Castro Ruiz."

как мыть саунулобановский александр отзывы

Israel hou aan met bomaanvalle in Gasa vir 7de dag

Israel het Vrydag aangehou om Gasa met bomme te bestook nadat 'n top Hamas-bevelvoerder gedood is in wat Israel die grootste slag tot nou toe teen die Islamitiese leierskap genoem het. Die dodetal in die sewe dae lange optrede het ten minste 420 bereik.

Met tenks en soldate wat gereed staan vir 'n grootskaalse grondoffensief en geen skietstilstand in sig nie, het die weermag buitelanders wat in Gasa woon Vrydag toegelaat om die gebied te verlaat. Israelse vliegtuie en vlootartillerie het Donderdag meer as 50 aanvalle op Hamas geloods, wat weer vuurpylaanvalle tot diep in Israelse gebied uitgevoer het.

'n Weermagwoordvoerder het gesê dat bomaanvalle deur die nag gemik was op 15 teikens, wat vuurpyllanseerders en wapensopslagplekke ingesluit het.

Getuies in Gasa het aan AFP gesê dat verskeie mense gewond is, maar dat daar geen sterftes gerapporteer is nie.

Dinsdag het Israelse vegvliegtuie missiele afgevuur op die huis van Nizar Rayan in die Jabaliya-vlugtelingkamp, wat hom, sy vier vroue, 10 van sy kinders en twee bure dood gelaat het, het getuies en mediese bronne gesê.

Rayan was die mees senior figuur in Hamas wat Israel gedood het sedert Abdel Aziz al-Rantissi in 2004.

Hamas-leier Ismael Radwan het gesê Israel sal die aanvalle berou.

"Terwyl hulle poog om ons wilskrag te breek, sal hulle nie daarin slaag nie," het hy op televisie gesê. "Die lafhartige vyand moet besef dat hy hierdie misdade teen ons mense sal berou."

Tesame met die 420 mense wat dood is, het "Operasie Cast Lead" 2 180 mense gewond, volgens die Palestynse nooddienste.

Vuutpylaanvalle uit Gasa het 4 mense gedood en dosyne in Israel beseer.

Donderdag se aanvalle deur Israel het ook die parlement en ministerie van justisie getref, asook vuurpyllanseerpunte, tonnels waardeur wapens en ander voorrraad die gebied ingesmokkel word en wapenopslagplekke, het 'n militêre woordvoerder gesê.

Die weermag het ook gesê dat hulle die moskee in Jabaliya, waar Rayan 'n leier was met bomme bestook het en dit 'n middelpunt van terreur genoem, asook 'n bergplek vir vuurpyle en ander wapens.

movie over 21лобановский александр