Sri Lanka: Troepe dring rebellehoofkwartier binne

Image

Tamiltier met wapen

Soldate van Sri Lanka het Vrydag vir die eerste keer in 'n dekade hulle pad oopgeveg tot in die Tamiltiere -ebelle se hoofstad ná maande se kwaai gevegte aan die buitewyke wat hordes mense dood gelaat het.

Soldate het die stad Kilinochchi van twee kante ingegaan, het militêre beamptes op voorwaarde van anonimiteit, soos deur die regering voorgeskryf, aan Associated Press gesê.

Hoe erg die gevegte in die stad is, is onbekend. Die weermag het Donderdag voorspel dat soldate die stad binne twee dae sou binneval.

Die val van Kilinochchi sal vernietigend wees vir die separatistiese Tamiltiere, wat die stad vir die laaste 10 jaar as hulle politieke en militêre hoofstad gebruik het. Hulle het reeds strukture vir 'n onafhanklike staat opgebou, soos polisie, howe en belastingkantore.

Onlangse militêre offensiewe deur regeringsmagte het die rebelle uit baie van hulle gebied in die noorde van die Indiese oseaaneiland geforseer.

President Mahinda Rajapaksa het belowe om die rebellegroep te vernietig en die 25 jaar lange burgeroorlog vanjaar te beëindig.

'n Ses jaar oue Noorweegs-onderhandelde skietstilstand is verlede jaar beëindig met beide partye wat openlik die ooreenkoms verbreek het.

Senior Srilankaanse  beamptes het herhaaldelik oor die laaste twee maande gesê dat Kilinochchi binnekort sal val, maar soldate het in die reën en weens sterk teenstand van rebelle vasgeval.

Die rebelle kon nie vir kommentaar in die hande gekry word nie. Maar die Tamiltiere se politieke leier, Balasingham Nadesan, het aan Associated Press gesê dat hulle as 'n guerillagroep begin veg het en steeds kan aanhou veg, selfs al het hulle baie van die gebied wat hulle in die noorde gehad het, verloor.

'n Militêre woordvoerder, brigadier Udaya Nanayakkara, het gesê dat 15 rebelle Donderdag dood is in die daglange geveg naby die rebelle se hoofkwartier, Mullaitivu. Dertien soldate is in die geveg gewond, het hy gesê.

Die rebelle het sedert 1983 geveg om 'n eie onafhanklike tuisland vir die Tamil-minderheidsgroep, te verkry wat dekades lank gemarginaliseer is deur regerings wat deur die meerderheid Sinhalese beheer word. Die konflik het al meer as 70 000 lewens geëis.   

online csinoОлександр Васильович Фільчаков