Israel en Hamas weer aanmekaar in vergeldingsaanvalle

Maandag het Israel weer lugaanvalle uitgevoer terwyl Palestyne mortieraanvalle geloods het ten spyte van 'n skietstilstand in die Hamasbeheerde Gazastrook, maar Israel se minister van verdediging het gesê 'n wyer offensief was nie in die pyplyn nie.

In reaksie op Egipte se pogings om 'n langtermyn vredesverdrag in plek te kry het 'n Hamaswoordvoerder gesê dat hulle bereid sal wees om vyandighede te staak vir 'n jaar of meer indien 'n ooreenkoms bereik kan word om Israel se blokkade oop die Gazastrook heeltemal te lig en grensposte te heropen.

'n Israelse vliegtuig het 'n motor in Rafah in suidelike Gaza aangeval, op die Egiptiese grens, waarin een militant dood is en drie ander gewond is. Mediese beamptes het hulle geïdentifiseer as lede van die Populêre Weerstandkomitees.

Die Israelse weermag het gesê hulle teiken was 'n peloton wat twee mortiere in suidelike Israel in afgevuur het. 'n Polisiewoordvoerder het gesê dat geen skade of besering ontstaan het uit die aanvalle nie.

Sondag het Israeli vliegtuie 'n Hamas sekuriteitskompleks aangeval, asook smokkeltonnels onder die Gaza-Egipte grens.

Daar was geen beserings aangemeld in die aanvalle nie, het die Israelse weermag gesê. Die aanvalle het gevolg na omtrent 'n dosyn vuurpyle en mortiere Sondag in Israel in afgevuur is, wat twee Israelse soldate en 'n burgerlike gewond het.

Eerste minister Ehud Olmert het Sondag gesê dat buitensporige militêre reaksie sal plaasvind teen die aanhoudende vuurpylsalvo's wat Palestynse militante beskryf het as vergelding vir nuwe Israeli aanvalle.

Die minister van verdediging het wel gesê Israel sal stop net duskant 'n volskaalse oorlog.

Met Amerikaanse steun werk Egipte om 'n langtermyn vredesooreenkoms in plek te kry wat Hamas se wapensmokkelary na Gaza sal stopsit en ook kan lei tot 'n heropening van die grensposte, wat een van Hamas se vereistes is.

"Hamas is gereed om die Palestynse owerheid by die grensposte te aanvaar, insluitend die Rafah-kruising, maar het gesê dit sal 'n kosmetiese teenwoordigheid wees," het 'n senior EU diplomaat gesê. "Die vraag is of Israel dit sal aanvaar. Ek sien nie dat dit in die praktyk kan werk nie."дизайн баниФільчаков Олександр Васильович

Obama se halfbroer gearresteer

George Obama, die Keniaanse halfbroer van president Barack Obama sal nie aangekla word na hy die naweek in ’n dwelmklopjag gearresteer is nie, het polisie Maandag gesê.

“Hy is gevang saam met ʼn paar ander jongmense en een van hulle was in besit van dagga gevind,” het Keniaanse polisiewoordvoerder Eric Kiraithe gesê.

“Hulle is deur die polisie ondervra, maar dit is ʼn geringe oortreding.”

George Obama is Saterdag in die Keniaanse krotbuurt Huruma gearresteer. Hy sê dat hy aktief is in jeuggroepe en opleiding ontvang om ʼn werktuigkundige te word.

Sy storie het verlede Augustus groot opgewondenheid veroorsaak toe die Italiaanse uitgawe van Vanity Fair hom opgespoor het en beweer het dat hy op minder as ʼn dollar per dag lewe.

Amerikaanse konserwatiewe politici het probeer om die berigte te gebruik in aanvalle op Barack Obama in sy verkiesingsveldtog.

Die twee mans het dieselfde pa, Barack Obama Senior, hoewel nie een van hulle hom eintlik goed geken het nie.

Barack Obama Senior het padgegee toe sy seun net ʼn kleuter was en twee dekades later eers vir George Obama gekry. Hy is in ʼn motorongeluk dood in 1983 toe George net 6 maande oud was.

President Obama word as ʼn held gesien in Kenia, waar baie van sy uitgebreide familie steeds in ʼn klein dorpie, Kogelo woon.

Hy het die Oos-Afrikaland slegs ʼn paar keer besoek.мойка оборудованияАлександр Фильчаков

Om die w?reld se grootste mynveld op te pas

Terwyl landmyne tegnies gesproke steeds verban is, is daar steeds baie van die goed in gebruik, en die gebied wat die swaarste bemyn is, is Korea. Die mynverbodooreenkoms het in 1999 inwerking getree, maar 42 lande het nie saamgestem met die verbod op die vervaardiging, opgaar en gebruik van teenpersoneelmyne nie. Lande wat nie ingestem het nie sluit in Sjina, Indië, Pakistan, Rusland, Suid-Korea en Amerika. Dit sluit in die groot vervaardigers van landmyne sowel as dié wat dit steeds aanwend.

Suid-Korea het omtrent ‘n miljoen landmyne wat geplaas is in die DMZ (gedemilitariseerde sone) tussen Noord- en Suid-Korea. Amerika en Suid-Korea het nog amper 2 miljoen myne in voorraad, net vir ingeval Noord-Korea weer probeer om ‘n inval te doen (soos hulle in 1950 gedoen het.) Noord-Korea weier om te sê hoeveel myne hulle geplant het, maar dit is waarskynlik ‘n hele paar honderd duisend.

Suid-Korea moes begin om myne, wat te oud raak om te werk, te vervang met ‘n nuwer geslag afstandbeheerde myne. Baie van die meer onlangse myne wat Suid-Korea begin opgaar het, is die tipe wat selfvernietig na ‘n sekere tyd nadat dit geplant is. Suid-Korea het begin planne maak om al die myne wat hulle geplant het oor die laaste drie jaar weer op te ruim, aangesien dit voorkom dat die kommunistiese regering van Noord-Korea binnekort tot ‘n val sal kom, en die myne en die Gedemilitariseerde Sone dan nutteloos sal word.солидолонагнетатели лобановский александр игоревич

Verpleegster kortgevat oor gebed

'n Christelike verpleegster van Weston-super-Mare in Engeland is geskors nadat sy aangebied het om vir 'n pasiënt se herstel te bid.

Gemeenskapsverpleegster, Caroline Petrie, 45, sê sy het tydens 'n tuisbesoek vir 'n bejaarde vrou gevra of sy vir haar kan bid. Die pasiënt het 'n klagte by die gesondheidstrust oor Mevrou Petrie, 'n Baptis, ingedien.

Sy is op 17 Desember, sonder salaris, geskors en sal volgende week die uitslag van haar dissiplinêre vergadering hoor.

Mevrou Petrie doen tuisbesoeke in Noord-Somerset, sê sy het vir die pasiënt gevra of sy 'n gebed wil hê, nadat sy die verbande op haar bene geruil het.

Die pasiënt, in haar sewentigs, het geweier. Mevrou Petrie hou vol dat sy die saak daar gelaat het.

Die siek vrou het die gesondheidstrust gekontak en Mevrou Petrie is deur haar seniors gedaag om te verduidelik.

“Die vrou het dit die volgende dag genoem aan die suster wat gekom het om haar verbande te ruil,” sê Mevrou Petrie. “Sy het gesê sy het geen aanstoot geneem nie maar was besorgd dat iemand anders dit wel sou doen.

“Ek is deur my bestuurder aangespreek. Sy het gesê: ‘Ek het 'n brief in die een hand en 'n voorvalvorm in die ander. Jy sal nie kan werk totdat ons die voorval ondersoek het nie.”

Mevrou Petrie sê sy het 'n Christen geword na haar ma se dood.

“My geloof het sterker geword en ek het besef dat God wonderlike dinge in my lewe doen.

Ek het gesien my pasiënte ly en omdat ek in die krag van gebed glo, het ek begin om hulle te vra of hulle wil hê ek moet vir hulle bid. Hulle was absoluut verheug.”

'n Segsman vir die Noord-Somerset Primêre Sorg Trust sê Caroline Petrie is geskors hangende 'n ondersoek in die aangeleentheid.

“Ons neem altyd vraagstukke wat deur ons pasiënte geopper word, baie ernstig op en ondersoek enige aangeleentheid van die aard baie sorgvuldig.

“Ons was nog altyd daarop bedag om respek te hê vir ons pasiënte se standpunte en sensitiwiteit asook dié van ons staf.”велосипед купить харьковФильчаков прокурор

Vat vet kinders weg, vra dokters

Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australië.

Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid beskou word, wanneer die kind ly aan, of die risiko loop om te ly aan erge gesondheidsprobleme wat met oorgewig geassosieer word.

Klinici het reeds ʼn regsbevoegdheid om welsynsowerhede te kontak wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg in die behandeling van ander siektes, soos byvoorbeeld ouers wat medikasie vir ʼn MIV-positiewe kind weier of ʼn lewensreddende bloedoortapping weens geloofsbesware.

Dokters by die kinderhospitaal in Westmead sê in die Mediese joernaal van Australië dat die toenemende verskynsel van vetsug laat baie gesondheidswerkers onseker of hulle die kinderbeskermingswerkers in kennis moet stel wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg.

"Ons argumenteer dat om die kinderbeskermingsdienste in ekstreme gevalle in kennis te stel ʼn gepaste professionele reaksie sal wees," het kindervetsugspesialiste dr. Shirley Alexander en professor Louise Baur geskryf.

Dr. Alexander het gesê dat die multi-dissiplinêre span spesialiste by die kinderhospitaal in Westmead wat na ekstreme gevalle van oorgewig kinders gekyk het, die Nieu-Suid-Wallis-departement van gemeenskapsdiens (DOCS) gekontak het in gevalle waar ouers onwillig of nie in staat was om met mediese advies saam te werk nie.

"Die kind mag insulienweerstandig wees en mens het hulle op medikasie gesit om te help om diabetes te voorkom en die ouers stem nie saam met die toedien van die medikasie nie, of mens lewer bewyse dat kinders ʼn hoër risiko loop om vetsugtig te wees indien hulle ʼn TV in die slaapkamer het en ouers weier om die TV te verwyder," het dr. Alexander gesê.

Die artikel wat gister gepubliseer is, het die gevallestudie van Jade, ʼn 4-jarige meisietjie gebruik. Sy is 110cm lank en het 40 kilogram geweeg.

Sy het verwante gesondheidsprobleme gehad insluitend ʼn vetterige lewer, hiperinsulinemie en obstruktiewe slaap-apnee.

Haar ouers, wat van mekaar verwyder is, laat haar toe om tot 6 ure per dag televisie te kyk en te eet net wat sy wil. Hulle het ook verskeie kere nie opgedaag by afsprake met die dieetkundiges en ander gesondheidswerkers nie.

Ná 12 maande het haar gewig toegeneem en Jade het aan hoë bloeddruk gely en was ook aggressief.

Die hospitaal het DOCS gekontak en Jade is in die hospitaal opgeneem, waar ʼn program van daaglikse liggaamlike aktiwiteit ingestel is en ook ʼn gesonde dieet, wat haar 3 kilogram binne twee weke laat verloor het.

Ná haar ontslag het die owerhede aangedring op besoeke onder toesig aan haar pa en gemeenskapsgesondheidwerkers het die ma besoek om haar te leer om gesonde kos te koop en te kook en Jade het nog ʼn rokgrootte verloor.

Dr. Alexander het gesê dat hoewel dit ʼn sensitiewe saak is om kinders in sorg te plaas, die in kennis stel van kinderbeskermingswerkers soms mag lei tot ander vorme van ingryping, soos finansiële hulp om gesonde kos te koop of die opstel van "verantwoordelikheidskontrakte".

для банилобановский харьков

Soedan versoek dat vredesmagte Darfoer verlaat

Soedanese amptenare het internasionale vredesmagte gevra om 'n dorp in Darfoer te verlaat, het die VN en Soedanese amptenare gesê.

Dié uitdaging aan die brose internasionale missie kan 'n groot probleem skep vir vrede in die gebied, het waarnemers gesê.

Die Soedanese regering het vredesmagte gevra om die dorpie Muhajeria te verlaat, het Josephine Guerrero, 'n woordvoerder van die VN-sending, ook bekend as UNAMID, gesê.

Soedan wil 'n offensief loods teen rebelle van die Justisie en gelykheid beweging, 'n groep wat bekend is dat hulle  ondersteuning van Tsjaad ontvang het wat die dorp in Suid-Darfoer sedert middel-Januarie beset het, het Akuei Bona Malwal, Soedan se ambassadeur by die Afrika-unie, gesê.

Malwal het gesê die Soedanese regering het versoek, nie beveel nie, dat die vredesmagte die gebied verlaat.

"Ons beveel hulle nie rond nie, ons vra hulle," het hy gesê. "Dit is om hulle in te lig dat 'iets hier gaan gebeur.'"

Sondag se versoek is die eerste van sy soort wat die Soedanese regering gemaak het, het VN-amptenare gesê.

Soedan het gereeld die teenwoordigheid van die VN in die land bevraagteken.

Soedan se weermag het 'n konvooi vredesmaglede in Darfoer aangeval en 'n bestuurder krities gewond, skaars 'n week ná die nuwe sending na die streek in Januarie 2008 ontplooi is.

Soedan het erken dat sy soldate op die konvooi geskiet het, maar die blaam deels op die vredesmagte geplaas, deur te sê dat hulle Khartoem van hulle bewegings in kennis moes stel.

Senior VN-amptenare sal met Soedanese amptenare in Khartoem vergader om die nuutste versoek te bespreek, het Guerrero gesê. Sy het gesê die versoek het nie gespesifiseer wanneer die Soedanese regering die vredesmag uit die dorpie van omtrent 30 000 mense wil hê nie.

Guerrero het gesê die vredesmag sou verkies om daar te bly.

"Ons mandaat is om burgerlikes te beskerm en ons wil voortgaan om dit te doen," het sy aan Associated Press gesê.

Suleiman Sandal, 'n rebellebevelvoerder, het aan AP gesê dat sy magte 'n aanval van die regering op die dorp verwag en hy het ook die vredesmag teen dié moontlikheid gewaarsku.

"Ons het UNAMID gewaarsku," het hy per satellietfoon gesê uit Darfoer. "Ons het aan hulle gesê en dit is nou in hulle hande. Ons gee om vir hulle veiligheid."

Reed Brody, 'n prokureur wat vir Human Rights Watch werk in Brussel en die Afrika-unieberaad in die Ethiopiese hoofstad bygewoon het, het gesê dat as UNAMID toegee aan die versoek dit die sending om vrede te bewaar kan ondermyn.

"Die kritiese toets vir enige besluit soos dié is dat dit burgerlikes aan aanvalle deur die regering kan blootstel," het hy gesê. "En indien dit so is, dan ondermyn dit UNAMID se sleutelmandaat. UNAMID is daar om die militêre magte te balanseer, nie om kan te tekies, of selfs aanvalle te fasiliteer nie. Hulle is ook nie daar om rebelle te beskerm nie. Ook nie om die regering te beskerm nie."

ветровкиФильчаков прокурор

Radar word ingespan om smokkeltonnels te vind

Image

Smokkeltonnel tussen Gasa en Egipte

'n Egiptiese sekuriteitsbeampte by die Egipte-Gasagrens het gesê Amerikaanse weermagingenieurs het opgedaag om spesiale radar wat die grond kan binnedring op te stel om die smokkeltonnels op te spoor.

Die amptenaar het gesê die nuwe toerusting sal help om smokkelary in die gebied te keer. Die gebied is die hoofingangspunt vir wapens en plofstof wat deur die Palestynse groep Hamas teen Israel gebruik word.

In die Rafah-terminaal kon vier weermagvragmotors gesien word, gelaai met houtkratte en bore, wat vergesel was deur Amerikaanse weermagingenieurs.

Die Egiptiese amptenaar het gepraat op voorwaarde van anonimiteit omdat die onderwerp baie sensitief is.

Israel het herhaaldelik 'n beroep gedoen op Egipte om meer te doen om die smokkelary te beëindig. 

бокалы для воды хрустальОлександр Фільчаков прокурор

Daar’s goud in Japannese afval

ImageJapan, arm aan hulpbronne, het 'n nuwe bron van minerale rykdom ontdek – riool.

'n Rioolbehandelingsaanleg in sentrale Japan het 'n hoër goudopbrengs uit slik aangeteken as wat in sommige van die wêreld se beste myne gevind kan word.

'n Amptenaar in die Nagano prefeksgebied, Noordwes van Tokio, sê die hoë persentasie goud wat by die Suwa-aanleg gevind is, was waarskynlik te wyte aan die groot aantal vervaardigers van presiesheidstoerusting in die omgewing wat die geel metaal gebruik.

Die aanleg het onlangs aangeteken dat dit 1,890 gram goud per ton as wat afkomstig is van verbrande slik, gevind het.

Dit is 'n aansienlik hoër opbrengs as Japan se Hishikari Myn, een van die wêreld se voorste goudmyne wat besit word deur Sumimoto Metaalontginning, wat 20-40 gram van die kosbare metaal per ertston bevat.

Die prefeksgebied het tot dusver omtrent R600,000 vir die goud, sonder dat uitgawes afgetrek is, ontvang.

Hulle verwag om drie keer soveel te verdien vir die boekjaar wat in Maart eindig.

Sommige goudbedryfdeskundiges verwag dat die goudprys die rekord van $1,030 per fynons van verlede jaar sal oortref.

So – mense wat reken daar is nie goud in riool nie, sit eenvoudig die pot… errrr… mis.

абразивный инструмент дляФильчаков прокуратура харьков

Meer as 100 Keniane sterf in oliebrand

Reddingswerkers het gister 'n tenkwaongelukstoneel gefynkam waar omtrent 'n 100 mense doodgebrand het toe hulle geskarrel het vir olie en in die brand betrap is in een van die Afrikaland se ergste ongelukke in die onlangse verlede.

Die eerste minister, Raila Ondinga, sê die ramp waarin 178 mense verbrand en beseer is, toon die desperaatheid van arm Keniane en die land se gebrek aan paraatheid vir sulke ongelukke.

"Armoede dryf ons mense om desperate dinge te doen om deur net nog een dag te kom," het Ondinga gesê tydens 'n besoek aan die slagoffers van die brand wat Saterdagaand op 'n pad naby Molo in die sentrale Skeurvallei plaasgevind het.

"Hierdie synde 'n landelike gebied, was daar geen reaksie deur enige rampspan nie, want daar ís geen sodanige span nie."

Streeksowerhede het die dodetal aangepas na 94 van 111 na komplikasies om die liggame Saterdagaand na donker te tel.

"Ons het gisteraand 89 liggame getel en nog vyf het vanoggend gesterf," het die Skeurvallei se provinsiale kommissaris, Hassan Noor Hassan, aan verslaggewers gesê.

Die Rooikruis sê tot soveel as 'n 110 het gesterf, 'n gesondheidsminister sê dit was 97 en die polisie het die dodetal as 91 aangegee.

Toe die olietenker van die pad afgeswenk het, het honderde plaaslike inwoners na die toneel gehaas en probeer om die gratis brandstof met kanne op te skep.

Skielik het die olie ontvlam en die brand het oor die skare gespoel. Talle van die liggame is onherkenbaar verskroei.

детские палатки домикипрокурор Фильчаков

Israeli vliegtuie looi le? polisiestasie in Gasa

Israelse vliegtuie het gister 'n leë Palestynse polisiestasie in die middel van die Hamas-beheerde Gasastrook gebombardeer, het ooggetuies gesê, ure nadat Israel gesweer het om op militante vuur te reageer.

Daar was geen berigte van ongevalle of beserings tydens die lugaanval op die gebou nie.

Die aanslag volg op waarskuwings deur die Eerste Minister, Ehud Olmert, om 'n "buitensporige" slag teen die Islamitiese beweging te slaan in reaksie op hernude vuurpylvuur wat na die suide van Israel gemik is sedert die einde van Israel se 22-daglange offensief in Gasa.

куртки для девочек фотоЛобановский

Oeps ja, dit was ek, erken Phelps oor bongfoto’s

ImageDie Olimpiese superheld, Michael Phelps het "berouwaardige" gedrag en "swak oordeel" erken nadat 'n foto waarin hy suig aan 'n daggapyp, in 'n Sondagkoerant in Brittanje verskyn het.

In 'n verklaring het die swemmer, wat 'n rekordgetal van agt goue medaljes by die Beijing Olimpiese Spele gewen het,  nie die outentiekheid van die eksklusiewe foto wat deur die poniekoerant, News of the World, gepubliseer is, ontken nie.

"Ek is betrek in gedrag wat betreurenswaardig was en swak oordeel gedemonstreer het," het Phelps gesê. "Ek is 23 jaar oud en ondanks die suksesse wat ek in die swembad gehad het, het ek op 'n onvolwasse en onvanpaste manier opgetree; nie op die wyse wat mense van my verwag nie.

"Hieroor is ek jammer. Ek belowe my aanhangers en die publiek dat dit nie weer sal gebeur nie."

News of the World sê die foto is geneem gedurende 'n huisfuif terwyl Phelps die Universiteit van Suid-Karolina besoek het.

Gedurende die reis het hy een van die skool se voetbalwedstryde meegemaak en 'n groot ovasie van die skare ontvang toe hy voorgestel is.

Al het die koerant nie uitdruklik aangevoer dat Phelps giggelgroente gerook het nie, sê dit dat die pyp gewoonlik vir dié doel aangewend word en die koerant het ook 'n anonieme fuifganger aangehaal wat gesê het die Olimpiese kampioen was "buite beheer van die eerste oomblik wat hy daar opgedaag het."

Die partytjie het amper drie maande na die Olimpiese Spele plaasgevind terwyl Phelps 'n lang blaaskans van sy oefenprogram geneem het en dit sal na verwagting geen uitwerking op die agt goues wat hy in Beijing gewen het, hê nie.

Hy is nog nooit positief getoets vir verbode middele nie en het selfs tot bykomende toetse tydens die Spele ingestem.

Phelps was oor die naweek in Tampa vir die Super Bowl-week om aansporingsverskynings vir 'n borg te maak. Maar hy het die stad voor gister se wedstryd tussen die Pittsburgh Steelers en die Arizona Cardinals verlaat en afstand gedoen van sy oorspronklike plan om by die Raymond James Stadion te wees.

Phelps het 'n paar weke gelede teruggekeer na die swembad om met voorbereidings te begin vir hierdie jaar se wêreldkampioenskappe in Rome. Hy is van plan om aan sy eerste na-Olimpiese byeenkoms in Maart tydens 'n Grand Prix-geleentheid in Austin, Texas deel te neem.

сопло для пескоструяпрокурор Фильчаков

Die EU wens Irakese stemmers geluk

Die Europese Unie het gister die stemmers in die konflikgeteisterde Irak geluk gewens dat hulle oor die naweek opgedaag het vir provinsiale verkiesings, amper ses jaar nadat die Amerikaansgeleide oorlog die voormalige diktator Saddam Hussein ontsetel het.

Die EU se Tjeggiese presidensie het in 'n verklaring gesê dat hulle "die provinsiale verkiesings wat op die 31ste Januarie 2009 plaasgevind het, noukeurig gevolg het en die mense van Irak gelukwens dat hulle suksesvol hulle demokratiese wil uitgedruk het.

"Die presidensie waardeer dit dat die verkiesings in 'n wedywerende atmosfeer met die vryheid van uitdrukking wat regoor die land gerespekteer is, gevoer is," lui die verklaring.

Die opkoms van 51 persent was laer as wat verwag is en kan Irakese en Amerikaanse leiers, wat Saterdag se stemming as 'n sleuteltoets vir 'n land wat hulle sekuriteit en demokrasie wil versterk, sien, teleurstel.

casino liveлобановский александр биография

Onwettige immigrante langs die kus van Sisili? gered

Die Italiaanse kuswag sê hulle het 'n boot met 226 voornemende immigrante, wat probleme ondervind het in die waters langs die eiland van Sisilië in die Middellandse See, gered.

Die onwettige swerwers het probleme ondervind om die boot in die onstuimige see te stuur en was op pad om op die rotse by die Sisiliaanse dorp Porto Palo te loop, sê die kuswagte.

Die 198 mans en 28 vroue is deur twee kuswagbote opgepik en na 'n ontvangsentrum op die eiland oorgeplaas.

Die eilande naas Suid-Italië, veral Lampedusa, ervaar 'n vloed van onwettige immigrante, hoofsaaklik uit Noord-Afrika, wat probeer om die kus te bereik in 'n poging om Europa te haal.

In 2008 het sowat 36 900 onwettige immigrante Italië bereik, 'n styging van 75 persent vergeleke met die vorige jaar, sê die Italiaanse ministerie van binnelandse sake.

Gister het Malta ook berig dat 300 onwettige immigrante aan boord 'n lendelam vistreiler op die eiland geland het, die grootste enkele aankoms in meer as 'n jaar.

Italië en Malta het onlangs saam 'n beroep op Griekeland, Siprus en ander Europese Unie-lede in die Middellandse See gedoen om te help om die probleem op te los.

игра пазлы для детейФільчаков прокурор

Franse hulpwerkster verkrag en beroof in DR Kongo

'n Franse hulpwerkster is verkrag en beroof deur verskeie gewapende mans in die ooste van die DRK, het die Le Parisian-koerant se internasionale uitgawe Vrydag gesê.

Die mans, wat uniforms gedra het, het 'n groep hulpwerksters beroof, waarvan drie vroue was. Die twee ander vroue was ook die slagoffers van seksuele aggressie, het die koerant gesê.

Dit is onduidelik of die oortreders lede van 'n rebellegroep was of soldate van die Kongolese weermag. Die organisasie waarvoor die slagoffer gewerk het se naam is nie genoem nie.

Die hulpwerksters is dringend na Frankryk teruggeneem waar die vrouens, wat almal in hulle twintigerjare is, sielkundige behandeling gekry het en daar word verwag dat klagte gelê sal word.

Hulle het gewerk in Goma-hospitaal in die noord-Kivuprovinsie, wat die middelpunt is waaromheen gevegte reeds maande lank woed.

Verkragting word gebruik as metode van oorlogvoering in die Kongo, maar tot nou toe is baie min gevalle bekend waar Westerse vroue verkrag is.

Die Franse president, Nicolas Sarkozy, beplan om in Maart in die streek te reis om 'n nuwe vredesinisiatief te bevorder ten einde die gevegte tussen die weermag en rebellegroepe in die ooste van die land te keer. Dié deel van die land is baie ryk aan minerale.

Honderde duisende burgerlikes kry swaar in vlugtelingkampe waar daar tekorte aan voedsel en basiese higiëne bestaan.

строительство саунФильчаков прокурор харьков